CommunityPhoto Galleries

DVD van die week: Uitvlucht

Ek gee Uitvlucht 6½ / 10. Die storie is mooi, maar terselfdertyd baie voorspelbaar. Alhoewel die akteurs hul rolle goed vertolk het, het die karakters self ‘n tekort aan dimensie gehad.

Uitvlucht-Poster-563x800

Hierdie geestelike drama vertel die storie van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ’n gewone middelklas-vrou, wat ná ’n fout alles verloor wat saakmaak in haar lewe. In haar gebrokenheid kry sy werk op ’n plaasskooltjie met die naam Uitvlucht. Soos wat sy die kan wurms – waarmee sy gekonfronteer word – stelselmatig uitpluis, begin haar eie genesing plaasvind en leer sy om haarself te vergewe en te aanvaar dat iemand haar dalk weer sal liefhê. Met die ondersteuning van die ander onderwysers en Dok (Stian Bam), ’n sagte vriendskaplike boer wat die Uitvlucht-skool besoek en Anna bevriend, vind sy die moed om haarself en die mense rondom haar weer op te bou.
Behalwe vir haar eie dilemma, moet sy skielik skoolouers se drankmisbruik, kinders wat gemolesteer word en ongenaakbare mense hanteer, wat geen ontsag het vir hulle eie lot nie.
Uitvlucht is ’n ware plaasskool in die voetheuwels van die Suurberge in die Langkloof in die Oos-Kaap. Soos by baie ander plaasskole, is daar geen hulpbronne nie en moeilike sosiale uitdagings vir die gemeenskappe, soos alkoholmisbruik, kindermishandeling, ongeletterdheid en gesinsgeweld.
Die film raak aan werklike kwessies wat nie altyd op die skerm vertoon word nie soos armoede, drankmisbruik en kindermolestering – die tipe dinge wat volop is in Suid-Afrika.

Ek gee Uitvlucht 6½ / 10. Die storie is mooi, maar terselfdertyd baie voorspelbaar. Alhoewel die akteurs hul rolle goed vertolk het, het die karakters self ‘n tekort aan dimensie gehad.

*Uitvlucht het ‘n ouderdomsbeperking van 12 en ouertoesig word aanbeveel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button