NewsNews
VS en Noordwes Boere kry droogtehulp
AfriForum gaan vandag 8 September 115 ton se droogtevoer aan boere in die Vrystaat en Noordwes skenk. Dié skenking is moontlik gemaak deur bydraes van die publiek sowel as donasies van twee Nederlandse organisasies; Woord en Daad en Hulp bij Bijzondere Noden.

Volgens Henk Maree, nasionale woordvoerder vir AfriForum, vorm dié aksie deel van AfriForum se droogtehulpprojek. “Op 1 September is daar 85 ton voer aan boere in die suide van die Vrystaat geskenk nadat AfriForum vroeër vanjaar aangekondig het dat boere wat voer nodig het met ons in verbinding tree. Teen vandag sal AfriForum 200 ton se voer aan boere in nood verskaf het.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!