News

Maskers en handreiniger vlieg van die rakke

Maskers vlieg van winkelrakke

Nie net nadat die eerste bevestigde geval van Covid-19 in Suid-Afrika bevestig is nie, maar selfs al die afgelope maand vlieg maskers en handreinigers letterlik van winkelrakke, ook in Parys. Nie net van mense wat as gevolg van mediaberigte paniekerig raak en wil voorsorg tref nie, maar ook mense wat vir familielede in die buiteland maskers stuur, self gaan reis of familie het wat reis.

Van die apteke wat Gazette in Parys besoek het, het  gesê dat hulle reeds sukkel om maskers by verskaffers te kry en dat voorraad by van die verskaffers gerantsoeneer word.

Op die plaaslike Clicks-tak se winkelrak was daar vanmiddag Vrydag 6 Maart byna nie ‘n enkele botteltjie handreiniger oor nie.

Netwerk24 berig  dat ‘n Kaapse verskaffer van mediese toerusting sedert Donderdagmiddag 5 Maart reeds 650 000 gesigmaskers verkoop het. Met fabrieke in China wat nou al vir weke lank gesluit is, word daar meestal eers maskers vir gebruik in China vervaardig voordat daar maskers uitgevoer word.

Hoewel daar verskeie tipes maskers is, word die sogenaamde chirurgiese masker wat styf oor jou neus en mond pas as die mees doeltreffendste beskou, maar dit is baie skaars in Suid-Afrika. Maskerpryse wissel ook van enigiets net oor die R10 tot soveel as R40 vir ‘n masker.

Moet jy ‘n masker dra?

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se riglyne sê dat mense wat gesond is nie ‘n gesigmasker hoef te dra nie, maar as jy ‘n verswakte immuniteitstelsel het is dit wel raadsaam om in openbare plekke ‘n masker te dra.

Daar is ook baie streng internasionale protokol wat betref maskers veral by lughawens.

 Wat baie duidelik gesê word is dat maskers net doeltreffend is as jy dit kombineer met gereelde hande was met seep en water. 

Mense wat maskers dra moet dit ook dadelik vervang as dit begin klam voel en moenie hergebruik word nie. 

Ook dokters en aptekers meen dat mense beslis moet seker maak dat hulle gereeld hul hande behoorlik was eerder as om winkelrakke nou te bestorm vir maskers

Dit is ook raadsaam om vitamines te drink wat jou immuniteit kan verhoog.

  • Intussen het RSG berig dat beamptes geskors is wat nie skanderings gedoen het by van die land se grensposte nie.
  • Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid het gesê dat voorsorgmaatreëls by lughawens getref is volgens internasionale protokol
  • Mkhize het vanmiddag gesê dat daar nog geen reisverbod ingestel is nie, maar dat mense self moet versigtig wees as hul reis.
  • Die 38-jarige man wat gister gediagnoseer is, is van Hilton in KwaZulu Natal en het saam met sy vrou as ‘n groep van 10 mense gereis van Italië. Hulle het op 1 Maart by die OR Tambo-lughawe geland.
  • Die onafhanlike Cowan House Preparatory School waar die man se twee kinders skoolgaan, is intussen gesluit as veiligheidsmaatreël. Beide die kinders het nie simptome nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button