Skeer, spuit en gee hoop met Shavathon

Fondse wat ingesamel word, word deur KANSA gebruik vir versorging - en ondersteuningprogramme vir kankerpasiënte, versorgers en geliefdes.

Soos die beplanning vir 2020 begin, herinner KANSA almal om die datum van KANSA se 17de Shavathon in 2020 in hulle dagboeke aan te teken.
KANSA Shavathon word in 2020 op Saterdag, 7 Maart by Pick n Pay 8vm tot 1nm aangebied.
Die tema van ‘Hoop 2020’ is veral geskik en van pas omdat deelnemers aan Shavathon 2020 ‘Hoop’ sal gee vir alle kankeroorwinnaars en hul geliefdes deur solidariteit te betoon met kankerpasiënte se geveg teen kanker.
Deelnemers gaan dit doen deur hul hare te laat skeer, spuit en om met behulp van stensils hulle hare in te kleur en op te tooi.
En die uitdaging aan een en almal is maklik: nooi 20 mense uit om saam met jou deel te neem aan die prettigste geleentheid in KANSA se dagboek – Shavathon 2020!
Fondse wat ingesamel word, word deur KANSA gebruik vir versorging – en ondersteuningprogramme vir kankerpasiënte, versorgers en geliefdes.
“Ons hoop om soveel as moontlik mense aan te spoor om hande te vat en saam te span om vir hulle wie se lewe deur kanker geraak word, te wys dat hulle nie alleen die stryd hoef te stry nie,” sê organiseerders.
Deelname aan Shavathon bied vir elkeen die geleentheid om betrokke te raak om die inspirerende boodskap van ‘Hoop’ oor te dra deur hulle hare te laat skeer, spuit, inkleur met stensils, om hulle koppe kaal te laat skeer of om ‘n poniestert aan KANSA te skenk wat gebruik word om pruike te maak.
‘n Selfiebord wat gebruik kan word as deelnemers fotos van hulself en ander wil neem, sal ook beskikbaar gestel word.
Dit word gedoen sodat almal deel kan wees van die pret en die aksie wat hand aan hand gaan met Shavathon.
Hierdie fotos sal ook help om mense meer bewus te maak van kanker en die nood wat bestaan om kankeroorwinnaars (pasiënte) te versorg en te ondersteun.

ALSO READ: Go pink for CANSA

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button