Markdag volstoom by die dam aan die gang

Die feestelike atmosfeer het talle kinders en honde in die dam laat baljaar

Die gewilde Paddadam Mark was Saterdag weer volstoom aan die gang.
Hierdie keer was dit die jaarlikse Kersmark, en uitstallers het beslis nie teleurgestel met die verskeidenheid van produkte nie.
Daar was onder andere tuisgebak, handwerk produkte en oer-oue miniatuur boompies beskikbaar, om maar net ‘n paar te noem.
Maarten Grobbelaar was die gaskunstenaar wat die mark-gangers vermaak het met sy uitgebreide musiek genré. Hy is glad nie ‘n onbekende by die Paddadam Markdag nie.
Maarten is tans besig met die gewilde Afrikaanse musiekkunstenaar, Dozi se Laat die mense sing sangkompetisie wat by Dozi’s Back to the roots-lokaal in Hartbeespoort plaasvind. Maarten is een van die gelukkige musiekkunstenaars wat deurgedring het na die Top 30.
Die feestelike atmosfeer het talle kinders en honde in die dam laat baljaar om die dag se hitte af te spoel. Die gemeenskap sien uit na die volgende Markdag wat beplan word vir 1 Februarie.
Die Vryheid Herald vra verskoning vir die verkeerdelike plasing in What’s On aangaande die gratis toegang vir die markdag.

Maarten Grobbelaar vermaak die mark-gangers met sy strelende stem.

 

Hermaans van Rooyen verkoop ‘n amper 100-jarige spekboom miniatuur-boompie namens Shaun Potgieter.

 

Elné le Roux maak Tjoks, die labrador droog nadat sy in die Paddadam geswem het.

 

Die Kersmarkstalletjie-wenners, Lezel Fourie en Tessa du Plessis by hul feestelik-versierde stalletjie.

ALSO READ: Paddadam Market Day gallery

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version