EntertainmentLifestyle

‘n Plesierige Erfenisdag vir die inwoners van Utrecht

Daar was ook 'n potjie kompetisie waar 'n klomp spanne hul beste kookvaardighede uitgebring het.

Die afgelope naweek is ‘n jaarlikse familiedag gehou ter ere van die Erfenisdag, en inwoners van Utrecht sowel as besoekers uit die omgewing is getrakteer op wonderlike geriewe wat deur Huis Joanna voorsien is.

Die familiedag het baie aktiwiteite gehad wat besoekers die hele dag vermaak het, insluitend verskillende stalletjies wat tradisionele Afrikaanse kookkuns verkoop het soos pannekoeke, kerrie en rys en nog vele meer wat die tafels gou leeg gemaak het.

Eienaars van stalletjies geniet ‘n dans na ‘n harde dag van werk.

Daar was ook ‘n potjie kompetisie waar ‘n klomp spanne hul beste kookvaardighede uitgebring het. Die SAVF – Vrywilligers span het die trofee vir die beste potjie van die dag huis toe geneem.

Huis Joanna werk saam om die potjiekoskompetisie te wen.

ALSO READ: ‘Daar is altyd iets om na uit te sien’


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for constant updates:

Related Articles

Back to top button