Mooooooo baie pret

Moo-Poo is 'n jaarlikse instelling by LMS, en hierdie jaar was geen uitsondering nie

‘Waternat’ is beslis die beskrywing vir Laerskool Lucas Meyer se Moo Poo dag wat op 1 November plaasgevind het. Die sagte appelkoos-reën het nie die kinders weerhou van die waterglybane, vuurpyl, mens-sokker en skuimhok nie. En terwyl die onderwysers hulle hande vol gehad het met blou-van-die koue kindertjies, was hierdie dertiende jaar van die Moo Poo fondsinsamelingsprojek weereens ‘n baie suksesvolle dag. Daar is voorsiening gemaak vir oud en jonk, van toffie-appels en spookasem tot heerlike pizza stukke vir die wat nie kans gesien het vir ‘n oordosis suiker nie. En natuurlik was die twee bulle die ‘eregaste’ van die dag, en was ook heel vreedsaam en ‘vreetsaam’ in hul kamp. Sonder hierdie twee se ‘poo’ was hierdie dag nie moontlik nie. Daar is ‘n fyn oog gehou vir daardie eerste ‘landmyn’ wat val, aangesien dit die wenner van die R15 000.00 sou bepaal. Hierdie fondsinsamelingsprojek is een van die grootstes vir Laerskool Lucas Meyer en die fondse word hoofsaaklik aangewend vir die koshuis. Die dansers van Stepping Out Dance Academy het hulle liggaamlike buigsaamheid en kreatiwiteit uitgebeeld deur middel van hul danse, terwyl ander hulle selfvertroue op die loopplank ten toon gestel het.

Die groot pryswenner van die dag (R15 000.00):
Priscilla Breytenbach (namens haar dogter)

Meeste boekie verkope:
1ste – Abigail Coetzer (R1 500.00)
2de – Ashley Loch (R750.00)
3de – DJ Olivier (R500.00)

Meeste kaartjies vir die week verkoop:
Senior Fase – Abigail Coetzer
Junior Fase – Carli Eybers

Modeparade en Mnr en Mej Lucas Meyer wenners:
Klein Mejuffrou Wenner: Kayla Scheepers
1ste plek: Chanri Els
2de plek: Dane Williams

Klein Meneer Wenner: DJ Olivier
1st plek: Petrus Eybers
2de Plek: Wiehan Harding

Junior Mejuffrou Wenner: Minke Mentz
1st plek: Clarissa Scheepers
2de plek: Janeske Ferreira

Junior Meneer Wenner: Kyle Barsdorf
1ste plek; Dirk Booysen
2de plek: Izak Breytenbach

Baie geluk aan al die wenners!

ALSO READ:  LMS: Lekker ‘Moo-Poo’ Dag

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version