Klipkerk hou basaar hierdie naweek

Bring u familie en vriende en geniet die oggend op die kerkterrein

Die jaarlikse Basaar van Ladysmith NG Gemeente (Klipkerk in Murchisonstraat) vind plaas môre (Saterdag, Augustus 31) op die kerkterrein om 8.30vm. Dis die plek om te wees met topgehalte vleis, gebak, tuisgemaakte produkte, kerrie en rys, jaffels, pannekoek, chip en dip, hamburgers en ‘n teetuin.

Kom luister en geniet die Monument en Egerton skoolkore en Hamilton se Marimba-band terwyl u smul aan die lekkernye wat tekoop is. Hou die datum oop! Dit is ‘n oggend wat nie misgeloop moet word nie!

Bring u familie en vriende en geniet die oggend. Moenie vergeet om te waai as u ons joernalis sien, want miskien verskyn u in volgende week se berig.

Click to receive news links via WhatsApp. Or  for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter. Join us there!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version