Huldeblyk – Sophia Elizabeth Webb

Sophia Elizabeth Webb 23 October 1933 – 27 September 2015 MY vrou (Noen) en ons moeder, met jou sielvolle blou oë. Jy het vir ons geveg en ons beskerm. Net een man liefgehad met jou hele hart en siel. As jy klavier gespeel het, het dit uit jou hart gekom. As jy blomme gedoen het, …

Sophia Elizabeth Webb

23 October 1933 – 27 September 2015

MY vrou (Noen) en ons moeder, met jou sielvolle blou oë. Jy het vir ons geveg en ons beskerm.

Net een man liefgehad met jou hele hart en siel. As jy klavier gespeel het, het dit uit jou hart gekom.

As jy blomme gedoen het, uit jou siel. Jou deur het altyd vir ons oop gestaan net soos jou hart.

Deur alles het jy sterk gestaan tot die einde toe, en op jou laaste oomblik het jy na die mens toe gekyk vir wie jy die liefste was.

Ons weet jy wag vir ons by die Hemelpoort. Hoe wonderlik is ons God se liefde en genade dat ons dan vir ewig saam sal wees.Ons het jou so verskriklik baie lief.

Sophie, ‘n vrou, ‘n ma, ouma, groot-moeder en vir ons gesin, ‘n skoonsuster en tannie, is weg, vir altyd weg. Maar die mooi herinneringe aan haar sal ons vir die res van ons lewens saam met ons dra.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version