Wen groot met Strelitzia en Bernina

Wil jy ‘n kans staan om Bernina naaimasjiene ter waarde van R24 000 te wen?

Wil jy ‘n kans staan om Bernina naaimasjiene ter waarde van R24 000 te wen?

Die Strelitzia-tak is op 12 Maart, 1980 gestig en twee van die oorspronklike lede is vandag nog steeds lid daarvan. Hulle is Rina Herbst en Elize Conradie.

Die vergadering het begin met 50 lede wat aangesluit het.

Soos dit vandag nog steeds gedoen word, was hul eerste uitreiking na die gemeenskap om blokke te brei wat gebruik is om komberse te maak wat aan die melaatses oorhandig is.

Na 35 jaar bied Strelitzia nog steeds die geleentheid aan almal wat hul belangstellings wil uitbrei of iets nuuts wil aanleer. Dit is ook die ideale plek waar jy iets vir die gemeenskap kan beteken.

Gedurende vergaderings word opleiding gegee wat naaldwerk, gebak, gebottel ens. betref en daar word gepoog om op vele terreine in ons dorp behulpsaam te wees om enige nood te verlig.

Ons spreek jaarliks een spesifieke organisasie se behoeftes aan, soos byvoorbeeld Morester Kinderhuis, die voedselprojek by Amajuba Skool, Helpende Hand en Dumisani Kinderhuis in Memel.

Vanjaar gaan Strelitzia ‘n Groepdag aanbied waar die ses takke van Noord-Natal in Newcastle gaan byeenkom. Ongeveer 150 vroue sal op 15 en 16 April, 2015 teen mekaar meeding op verskeie gebiede soos naaldwerk, gebak en blommerangskikkings.

Die hoofdoel van die byeenkoms is om soveel fondse moontlik te genereer waarmee ons weer ons gemeenskap behulpsaam kan wees. Ons 2015 projek sal einde April aangekondig word.

Een van die maniere waarmee ons fondse wil genereer is om twee Bernina naaimasjiene uit te loot. Hierdie masjiene is goedgunstiglik deur Bernina Hoofkantoor aan ons geskenk en enige navrae in die verband kan gerig word aan Salomé by die plaaslike Bernina-winkel by 034 315 4828.

Kaartjies vir deelname is by al die Strelitzia dames beskikbaar en ook by Bernina, Newcastle. Die kaartjies kos R20 elk en die prys is beide masjiene ter waarde van R24 000.

Vir verdere inligting, kontak Deidré Saaijman op 073 170 0040 of Honoreen Smit op 082 593 0922.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version