Newcastle AdvertiserSchool sportSport

NEWCASTLE KZN: Volkie netbal terug in volle glorie

Baie geluk aan Thumi Malefetsane wat toewyding en harde werk deur die loop van die wedstryd gewys het en ook as speler van die wedstryd gekies is.

Volkie dogters is opgewonde om terug te wees op die netbalbaan en is reg vir ‘n harde seisoen wat voorlê.

Me. Vicky Loweie het gesê die Volkie dogters kom een van die dae te staan teen Hoërskool Pionier om te wys dat hulle murg in hul pype het.

Die 0nder 14 netbalspan toon belowende spel met goeie dissipline op die baan.

“Baie geluk aan Lathitha Galale wat aangewys is as speler van die wedstryd.”

Die 0nder 15 span het soos gewoonlik hard gewerk en hul beste gegee tot die eindfluitjie geblaas het.

“Baie geluk aan Vukile Bulose met haar prestasie as speler van die wedstryd.”

Die eerste span speel op Hoërskool Bekker teen Hoërskool Schoonspruit in ‘n uitdagende wedstryd.

Alhoewel die eerste span ‘n baie jong span is, is ons opgewonde oor die span se potensiaal.

“Baie geluk aan Thumi Malefetsane wat toewyding en harde werk deur die loop van die wedstryd gewys het en ook as speler van die wedstryd gekies is.”

Sterkte aan elke speelster met Saterdag, 15 Mei, se wedstryd teen Hoërskool Standerton.


Contact Us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button