Sport bly bedrywig!

LMS se leerlinge bly bedrywig op die sportveld.

 

LMS se leerlinge bly bedrywig op die sportveld.

Met die aanvang van die skoolvakansie het verskeie leerlinge die skool met rugby, hokkie en netbal by verskillende toernooie verteenwoordig.

LMS-Rugbyweek: Die tweede LMS-Rugbyweek vir laerskole se o/13- en o/11-spanne is vanaf 17 – 19 Maart aangebied. Deelnemende skole was LMS, Nuwe Repupliek, Piet Retief, Paulpietersburg, Pongola en Harrismith Primêre Skool. Die groot getal ondersteuners is met pragtige rugby getrakteer en het nie geskroom om hul waardering daarvoor te wys nie. Baie dankie aan die LMS-ouers wat met onderskeiding hul hulp aangebied het en wat ook as beamptes opgetree het – u is ‘n wenspan! Hartlik geluk aan Mnr Cassie Smith met sy puik organisering en aan al die ander personeellede wat hom lojaal ondersteun het om van hierdie week ‘n ware sukses te maak.

Baie dankie aan die volgende borge wat ‘n onmiskenbare aandeel aan die rugbyweek se sukses gehad het: McCarthy Inyanga Motors, Farmers Agri-Care, Itec, Power Train, Dee’s Restaurant, Knoetze Boerdery, Mnre Karel Davel, Dawie Botha, Billy van Rooyen, Martin Slabbert en Werner Scheepers, Tyre Vlucs, Madaka Game Ranch en Majuba Glass.

Netbal: Die 1ste Netbalspan het op 17 en 18 Maart aan die Pongola Netbaltoernooi deelgeneem. LMS wen vier van sy wedstryde met slegs een wedstryd wat verloor word. Die tellings is soos volg: Hluhluwe 8-1, Pongola B 20-3, NRS 8-4, Paupietersburg 5-2 en Pongola A 5-11. Zarina Knoetze is as die beste senter van die toernooi aangewys!

Hokkie: LMS se 1ste Hokkiespan het ook aan die Pongola Toernooi deelgeneem. Verskeie wedstryde is gespeel en die span eindig algeheel tweede. Ons is baie trots op Minette van der Merwe wat aangewys is as die beste skakel tydens die toernooi.

Paasdiens: Die jaarlikse Paasdiens, gelei deur Ds D Nelson, is op 17 Maart in die skoolsaal aangebied. Die skoolkoor, onder leiding van Mev Carin Lombard, het hul puik van hul taak gekwyt en verskeie ouers het die geleentheid ook bygewoon.

Diskonto Boeke: Vir LMS is dit belangrik om lees en ‘n liefde vir boeke, by ons leerlinge te bevorder. Daar word gevolglik baie moeite gedoen om die skool se mediasentrum op te gradeer en om die lokaal meer toeganklik vir leerlinge te maak. In die lig hiervan het Diskonto Boeke die skool vir twee dae gedurende die laaste week van die kwartaal besoek. Die leerlinge se ondersteuning in groot getalle het daarvoor gesorg dat hierdie besoek baie suksesvol was.

Personeel: Hartlik geluk aan Mej Di-Mari Kok wat gedurende Maart in die huwelik getree het. Ons bid die Craig-egpaar God se rykste seën op hul huwelik toe en weet dat hulle baie gelukkig saam sal wees.

Program:

8 April – Rugby: Noord-KZN Proewe

9 April – Piet Retief Mini Toernooi RHN O/7 – O/9

11 April – Swem en Atletiek Toekennings

11 April – Oueraand

12 April – Wintersport te Dundee.

Find us on; FacebookTwitter, and on Whats App 060 986 0731.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version