KZN prestasies vir LMS

‘n TOTAAL van nege LMS atlete het die Zululand-distrik by die KZN-Atletiekkampioenskappe in Durban verteenwoordig.

 

‘n TOTAAL van nege LMS atlete het die Zululand-distrik by die KZN-Atletiekkampioenskappe in Durban verteenwoordig.

Die atlete het goed gevaar, met veral Anneen Nel wat ‘n eerste plek in die gewigstoot DO/13 behaal het. Anneen se 1ste plek is ‘n puik prestasie en LMS is baie trots op haar. Voorts is daar twee 2de-plekke, vier 3de-plekke en ses 4de-plekke behaal. Geluk aan al die atlete.

Rugby: LMS se o/12 rubyspelers het puik gevaar by die Vryheid-streek rugbyproewe. Die streekspan, wat uit 17 spelers bestaan, sluit 6 leerlinge van LMS in. Spelers van onder andere Pongola, Paulpietersburg, Piet Retief en Vryheid het tydens die geleentheid daarin gepoog om te wys waarom hulle by die streekspan ingesluit behoort te word. Geluk aan Phillip Louw, Janus Pretorius, AK Knoetze, Zander van Vuuren, Hermanus Steenkamp en JD Jonker met hierdie mooi prestasie. Die 1ste- en O/11 Rugbyspan het ook ‘n Rugbytoer na Harrismith onderneem waar verskeie skole teenwoordig was. Gemengde uitslae is behaal, maar die seuns was ware ambassadeurs vir LMS.

Redenaars: Te oordeel aan die baie suksesvolle redenaarsaand, weet LMS se leerlinge hoe om hulself te handhaaf en ander van hul standpunt te oortuig. Bykans 30 leerlinge in Gr 4 – Gr 7 het aan hierdie suksesvolle aand deelgeneem. Geluk aan die volgende wenners: Lené J Van Rensburg (Gr 4), Cay-Li Birkenstock (Gr 5), AJ Knoetze (Gr 6) en Chené Stear (Gr 7). Die volgende leerlinge gaan die skool by die ATKV-Redenaarskompetisie verteenwoordig: Lené J Van Rensburg, Cay-Li Birkenstock, Anika Dedekind, Chené Stear, Caitlin Keightley en Cole van Rooyen.

Program:

8 Maart – DVD-aand

10 Maart – EG Jansen Redenaars

11 Maart – Hokkietoer, Netbaltoer en Rugbytoer

Exit mobile version