Vryheid KZN: Fantastiese wedloop vir die Scheepers-egpaar

Melissa Scheepers sê dat dit amper dieselfde ondervinding was as die oorspronklike wedloop, indien nie beter nie

Die ‘FNB Run Your City’ vind elke jaar plaas, maar soos die nuwe normaal het dit ook ‘n virtuele uitdaging geword. Die deelnemers het ingeskryf en ‘n skakel via epos ontvang sodat jy jou profiel op ‘n toepassing kan aflaai. Melissa Scheepers sê dat dit amper dieselfde ondervinding was as die oorspronklike wedloop, indien nie beter nie. Ongelukkig was daar nou wel nie toeskouers of watertafels nie, maar 6.30vm het die toepassing outomaties die tyd begin aftel en moes die atleet slegs die ‘begin’ knoppie druk. Presies 100 meter voor die 10km merk bereik is, moes atlete hulself druk om die ‘Puma Beat Bolt’ te hardloop, want indien jy dit in ‘n sekere tyd kon hardloop was jy ‘n R10,000 geskenkbewys ryker. Richard en Melissa het die wedloop saam gehardloop en hul het albei in goeie tye klaargemaak. Richard se tyd was 49:32 en hy was 60ste uit 1047 atlete; 41ste uit 270 atlete in sy ouderdomsgroep en 54ste uit 493 in die mansafdeling. Melissa se tyd was 49:40 en was 62ste uit 1046 atlete; derde uit 334 in haar ouderdomsgroep en sewende uit 553 in die vroue-afdeling.

ALSO READ: The ultimate human race goes virtual

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version