Local sportSport

Vryheid KZN: Vryheid Swemklub spog met hul top-presteerders

Swemmers moes egter voor die aanbreek van die grendeltyd alreeds op verskeie ander galas deur die seisoen kwalifiseer

Klubswemmers werk die hele seisoen, Augustus tot Maart daaraan om te kwalifiseer vir die vasgestelde Nasionale Level tye gala. Indien so ‘n swemmer dan kwalifiseer het hulle die voorreg om aan die landswye Suidelike Nasionale gala Level 2 en 3 wat 19 Maart tot 22 Maart gehou moes gewees in Newcastle deel te neem. Ongelukkig agv die Korona Pandemie en die aankondiging van die grendeltyd is die Nasional Gala vir 2020 gekanselleer. Swemmers moes egter voor die aanbreek van die grendeltyd alreeds op verskeie ander galas deur die seisoen kwalifiseer.
Na lang ure, harde werk en deursettingsvermoë in die swembad behaal die volgende klubswemmers wel Level tye:
Level 2: Danika Vyncke, Giuliana Vyncke, Ilani Lathleiff, Marjean van Zyl en Shane van der Linde;
Level 3: Ashley Loch, Berne van Heerden, Dirk Grobler, Pierre Grobler en Zoe Richards.
Die Vryheid Swemklub het op 24 Augustus sy Algemene Jaarvergadering en Prysuitdeling gehou.
Die volgende swemmers ontvang trofeës en erkenning:
Ashley Loch: Level 3, Moore Fly Trophy en die Jnr Dogter swemmer van die Jaar; Ilani Lathleiff: Level 2; Zoe Richards: Level 3; Shane van der Linde: Jnr Seuns swemmer van die Jaar en Seuns 10-11 50m Rugslag; Giuliana Vyncke: Level 3 en Kampioen Dogter – sy is tans negende in haar ouderdomsgroep in Suid-Afrika met 100m Vryslag; en Danika Vyncke: Level 2.
Dirk Grobler: Level 3, Veelsydigste swemmer, Snr Seun swemmer van die Jaar, 100m Vlinderslag, 50m Vryslag, 50m Vlinderslag 100m Borsslag en Swemmer van die Jaar; Pierre Grobler: Level 3 en Seuns U/15 Rugslag en Berne van Heerden: Level 3 en Snr Dogter swemmer van die Jaar.
Marjean van Zyl (Level 2) en U/16 Dogter 50m Rugslag.
Vryheid swemmers het puik presteer hierdie jaar en dis ook die meeste kwalifiserende Level 3 swemmers in die afgelope vyf jaar vir die klub.
Indien daar dalk enige iemand is wat graag hulle kinders wil inskryf by Vryheid Swemklub, kontak Pierre van Wyk (afrigter) by 079-287-7339, Carmen Combrink (afrigter) by 073-978-8484 of Denise Grobler (afrigter) by 084-868-5550. Die klubfooie beloop ongeveer R1400 vir seisoen 2020/2021, maar is afbetaalbaar oor ses maande. Die voordeel van klubswem is dat jou kind baie blootstelling kry aan galas en ook gala-fiks raak.
Die swem seisoen is nou oop en ‘n beroep word gedoen op swemmers om te registreer.
Moenie huiwer nie – kontak hierdie mense en raak deel van Vryheid Swemklub.

ALSO READ: Vryheid Swemklub: Prysuitdeling en Algemene Jaarvergadering

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button