Local sportSport

Noord klop Suid in juskeitoernooi

KZN Spanne is ook gekies om aan die Suid Afrikaanse Jukskei Kampioenskappe deel te neem.

Op 25 Januarie was Noord Natal die gasheer vir die jaarlikse Leon Lombard Jukskei toernooi, tussen Suid Natal en Noord Natal.

Die toernooi is gespeel op die bane by Kingsley. Die spelers van Suid Natal het gebruik van die bed en ontbyt fasiliteite by Kingsley en die wedstryde kon vroeg begin.

‘n Baie genoeglike dag het gevolg en die effens bewolkte weer en ligte briesie het die spel baie bevoordeel en die spelers het dit geniet. Die uitslag was as volg: Suid Natal – 116,5 en Noord Natal – 123,5.

“Baie geluk aan Noord Natal wat as die wenners uit die kompetisie na vore gekom het.”

KZN Spanne is ook gekies om aan die Suid Afrikaanse Jukskei Kampioenskappe te Kroonstad deel te neem, en die gekose spelers is geluk gewens met hul verkiesing vir deelname aan die toernooi. Jukskei Suid Afrika vier hierdie jaar sy 80ste bestaansjaar.

The competition is fierce between North and South KZN.

HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za.  Add us on WhatsApp 071 277 1394.

Related Articles

Back to top button