Local sportSport

Vryheid ‘Superman’ wys sy spiere

Staan opsy Superman, Ignus Boshoff is hier!

Ignus met sy trofee en medaljes wat hy met Liggaamsbou-kompetisies verower het.

Die 21-jarige Ignus Boshoff het op 5 Oktober in Pretoria Suid-Afrikaanse Kleure in liggaamsbou verwerf, en is ingesluit in die span om op 9 en 10 November in Puerto Vallarta, Mexico te gaan deelneem. Ignus het tydens die Gautengse Provinsiale Liggaamsbou-kompetisie (21 September) deelgeneem aan twee kategorieë. In die kategorie vir Juniors onder 23 jaar het Ignus eerste plek verwerf, en in die kategorie Men’s Superbody under 90kg het hy ‘n vierde plek verwerf. Die kompetisie was straf, maar Ignus het steeds gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe (5 Oktober) te gaan deelneem. Daar het Ignus op ‘n nasionale vlak weer deelgeneem aan twee kategorieë. Hy het ‘n vierde plek in die Juniors o-23 kategorie verwerf asook ‘n vierde plek in die kategorie Men’s Extreme under 90kg. Hierdie prestasies het hom sy plek in die Suid-Afrikaanse span verseker.

 

Ignus sê harde werk kom nie vanself nie, dit verg deursettingsvermoë.

Lees die res van die artikel in die koerant (18 Oktober 2019).

ALSO READ: The health issues teenage boys avoid talking about

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button