Fietsryers trap vorentoe

Die adrenalien het hoog geloop tydens die wedren vir beide die seuns en die ouers.

‘n Groep jong, fikse manne van Hoërskool Pionier het Sondag vir Noord KwaZulu-Natal verteenwoordig, by die eerste Spur bergfietswedren vir hoërskole in Pietermaritzburg.
Die adrenalien het hoog geloop tydens die wedren vir beide die seuns en die ouers.
Die seuns ry ‘n baan van ongeveer drie kilometer en die hoeveelheid rondtes hang af van hul ouderdomsgroep, en party het ses rondtes, sommiges sewe rondtes gery.
Die ouers vorm deel van ‘n ‘helper span’ (seconds) wat vir die seuns waterbottels en ‘gu sakkies’ uithou met elke verbykom kans.
Dit is ‘n taai stryd en dit gaan oor uithouvermoë omdat die seuns ‘n stywe pas deurentyd moet volhou, en die wedren neem byna ‘n uur.
Dit was Pionier se eerste bergfietswedren waar hulle as ‘n span deelgeneem het, en die organiseerders was nogal verbaas om dié Afrikaanse skool daar te sien. Die baan het net een tegniese plek gehad, maar die reeks raak moeiliker soos hul aanskuif na die volgende wedren.
Die seuns wil graag die geleentheid gebruik om hul borge te bedank vir hulle ondersteuning, asook Michael Viljoen van Pionier wat bergfiets as ‘n sport by Pionier gestig het.

Also read: Athletes sink their teeth into annual Meatmasters Mountain Challenge

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

  

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version