‘Oud, maar nog nie koud nie’ Oom Sampie is klubkampioen

Baie geluk, Oom Sampie. Ons is trots op Oom.

DIE 19 Augustus was die klub se jaarlikse AGM en prysuitdeling.

Baie geluk aan Mossie Mostert wat as die klub se nuwe voorsitter verkies is, Jasper Jonker as die ondervoorsitter en Karma Spies as sekretaresse. Baie geluk ook aan die ander lede wat verkies is tot die klub kommitee.

Oud, maar nog nie koud nie, een van ons oudste hengelaars, Oom Sampie van Greuning, het as 2016 se klub kampioen weggestap. Baie geluk, Oom Sampie. Ons is trots op Oom.

YOU MAY ALSO WANT TO READ: New Republic School – NRS anglers excel

AND: Brian bags the winning bass

Die volgende lede was wenners in hul verskeie afdelings: o/13 – Zander van Greuning, o/19 – Conraad Jonker, Dames – Karma Spies, Seniors – Llewellyn Schwab Jnr en Meesters – Oom Sampie van Greuning.

Baie geluk julle almal en stywe lyne en sterkte vir die nuwe hengelseisoen wat voorlê.

Indien daar enige nuwe hengelaars is wat by ons klub wil aansluit is jul welkom om die volgende mense te kontak: Mossie op 083 780 9341, Karma op 072 240 8167 of Jasper op 082 894 8084.

Exit mobile version