Vryheid Mountainbiking Club – Geluk manne

WEEREENS ‘n goeie biking naweek die afgelope naweek met verskeie van ons ‘bikers’ wat die 104km Amashova padfietswedren gery het vanaf Pietermaritzburg na Durban. Geluk aan Paulo Marques (4:27), Tommie van Rooyen, Neil Shand, Donovan Hartslief (4:10) en Daan Kotze wat die laaaaangpad suksesvol afgelê het. Fantastiese wedren met 12 000 deelnemers en ‘n warm …

WEEREENS ‘n goeie biking naweek die afgelope naweek met verskeie van ons ‘bikers’ wat die 104km Amashova padfietswedren gery het vanaf Pietermaritzburg na Durban.

Geluk aan Paulo Marques (4:27), Tommie van Rooyen, Neil Shand, Donovan Hartslief (4:10) en Daan Kotze wat die laaaaangpad suksesvol afgelê het.

Fantastiese wedren met 12 000 deelnemers en ‘n warm 40km/h wind op die einde in Durban! Geluk manne!

Die Utrecht Bundu Bash het ook die naweek plaasgevind. Vryheid bergfietsryers het weereens naam gemaak en baie goed gevaar in die 40km bergwedren.

Die eerste 18km het met ‘n strawwe opdraende begin en die eerste drie mans het deurgans ‘n 100m voorsprong in die resies behou en uiteindelik SEKONDES uitmekaar klaargemaak. 2e plek Evy Haywood (1:55:56) en Zauco vd Berg 4e plek (1:58:10). Sandra Haywood (1:58:22) het weereens die damesafdeling gewen en Lize Swanepoel (2:14:07) 3e plek.

Geluk ook aan Riaan Swanepoel (2:02:20), Theo Scheepers (2:08:56) Ryno Swanepoel (2:28:27) (1e sub junior seuns) en Karl Kohlmeyer (2:36:43) wat ook deelgeneem het.

Een van ons ‘pappas’, Paul Steffenson het saam met sy dogter Tracey deelgeneem aan die tweekamp en sy jonger dogter Lisa het in ‘n tweekamp span fietsgery. Dis wonderlik om die families te sien deelneem aan hierdie byeenkomste.

Onthou ons volgende Vryheid byeenkoms die Michaelis Challenge wat ook hardloop, fiets en swem (hoop d dam reën VOL) items aanbied. Ietsie vir almal om aan deel te neem. Inskrywings www.michaelischallenge.co.za

Exit mobile version