Local sportSport

Vryheid Atletiekklub – ‘Big Walk’ – Die aftelling begin

DAAR is nog net tien dae oor, dan is dit tyd vir groot pret met “The Big Walk”, ‘n 5km pretdraf/stap, wat ten bate van die Sunflower Fund gehou gaan word. Julle kan Maandag, 19 Oktober vanaf 4:00nm by Pionier Hoërskool se sportveld inskryf. Die eerste 150 inskrywings kry pryse en die R20 inskrywingsfooi sluit …

DAAR is nog net tien dae oor, dan is dit tyd vir groot pret met “The Big Walk”, ‘n 5km pretdraf/stap, wat ten bate van die Sunflower Fund gehou gaan word.

Julle kan Maandag, 19 Oktober vanaf 4:00nm by Pionier Hoërskool se sportveld inskryf. Die eerste 150 inskrywings kry pryse en die R20 inskrywingsfooi sluit ook ‘n Sunflower Bandana in. Die wedloop begin dan om 5:30nm. Worsrolletjies, koeldranke en ‘n snoepie sal beskikbaar wees.

Geluk aan ons lede wat aan die Natal Spa Trail wedloop deelgeneem het. Die uitslae is elders te vind.

Ons vra dan die VAC lede om die volgende datums oop te hou: 13 November – Jaareindfunksie en 26 November – Algemene Jaarvergadering.

Alhoewel ons verlede week die tydtoets ‘n ruskans moes gee as gevolg van die Pionier Hoërskool se matriekafskeid, is daar weer hierdie Donderdag die gereelde tydtoets. Die tydtoets vind om 5:30nm plaas en almal is welkom om aan die tradisionele 5/10km tydtoets op die pad deel te neem, of aan ‘n 5km trail tydtoets. Kom hardloop/stap gerus saam en bring iets saam vir die bring-en-braai daarna.

Om aan te sluit by die Vryheid Atletiekklub of vir verdere besonderhede, kontak gerus ons sekretaresse, Carla by 084 477 7704.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button