Vryheid Atletiekklub – Groot stap vir die Sunflower Fund

Geluk aan Amanda Bothma wat die laaste paar weke haar tyd ongelooflik verbeter het. Op 27 Augustus was haar tyd 28min27sek en op 17 September was dit al by 25min26 sek. Kom hardloop/stap dus gerus saam om jou vordering ook te meet!

ONS vra julle, die gemeenskap van Vryheid om solank Maandag, 19 Oktober oop te hou vir ‘The Big Walk,’ ‘n 5km pretdraf/stap, wat ten bate van die Sunflower Fund gehou gaan word.

Die R20-00 inskrywingsfooi sluit dus ‘n Sunflower Bandana in. Die pretdraf/stap word by Hoërskool Pionier se sportveld gehou en inskrywings word vanaf 4:00nm geneem. Die eerste 150 inskrywings kry pryse. Die wedloop begin dan om 5:30nm. Worsrolletjies, koeldranke en ‘n snoepie sal beskikbaar wees.

Ons vra dan die VAC lede om die volgende datums oop te hou:

13 November – Jaareindfunksie en

26 November – Algemene Jaarvergadering

Op Donderdagaande vind die tydtoetse nou om 5:30nm plaas en almal is welkom om aan die tradisionele 5/10km tydtoets op die pad deel te neem, of aan ‘n 5km trail tydtoets. Kom hardloop/stap gerus saam en bring iets saam vir die bring-en-braai daarna. Die tydtoetse is ‘n wonderlike manier om jou verbetering te meet.

Geluk aan Amanda Bothma wat die laaste paar weke haar tyd ongelooflik verbeter het. Op 27 Augustus was haar tyd 28min27sek en op 17 September was dit al by 25min26 sek. Kom hardloop/stap dus gerus saam om jou vordering ook te meet!

Om aan te sluit by die Vryheid Atletiekklub of vir verdere besonderhede, kontak gerus ons sekretaresse Carla by 084 477 7704.

Exit mobile version