Local sportSchool sportSportWall of fameYouth Revolution

DHS se Jan Frederik van Zyl bereik nuwe hoogtes op die atletiekveld

Jan Frederik het ook 'n uitstekende nuwe rekord opgestel in die spiesgooi met 58.71 m.

Op 25 en 26 September het Jan Frederik aan die SA Christen Skole Atletiek byeenkoms by die DP De Villiers Stadion in Sasolburg deelgeneem.

Hy het derde plek in die 400m behaal en eerste plek in werpskyf, gewigstoot en spiesgooi.

Jan Frederik het ook ‘n uitstekende nuwe rekord opgestel in die spiesgooi met 58.71 m.
Hy het 943 punte op die ASA TABEL bereik en ‘n trofee ontvang vir die beste individuele prestasie van die byeenkoms. Daar was meer as 1200 atlete van regoor die land wat deelgeneem het.
DHS is besonders trots op hierdie jong man se uitstekende uitslae.

Jan Frederik is defnitief ‘n wonderlike voorbeeld dat harde werk en uithouvermoë beloon word.

Related Articles

Back to top button