Vryheid Swemklub – Prysuitdeling en Algemene Jaarvergadering

Dankie aan al die swemmers en ouers vir nog 'n afgelope seisoen en die Vryheid Swemklub sien uit na nog 'n komende jaar van lekker swem en galas.

Vryheid Swemklub hou op 17 September by Pionier Losie die klub se jaarlikse Prysuitdeling en Algemene Jaarvergadering.

Die klub doen ‘n beroep op alle geregistreerde swemmers van die afgelope seisoen om asseblief vir Erika van Wyk in kennis te stel wie gaan die funksie bywoon. Dit is baie belangrik aangesien ons die getalle benodig.

Kan alle ouers wat nog uitstaande trofeë het asseblief dit laat grafeer en aan Pierre Van Wyk terugbesorg. Die nuwe swemregistrasies het geopen, so maak seker dat julle by Heidi Van Heerden registreer vir die komende seisoen om sodoende enige teleurstelling te voorkom.

Dankie aan al die swemmers en ouers vir nog ‘n afgelope seisoen en die Vryheid Swemklub sien uit na nog ‘n komende jaar van lekker swem en galas.

Exit mobile version