Vryheid Athletic Club – Comrades – Die oomblik breek aan

EERSKOMENDE Sondag, 1 Junie, sal sowat 15 000 langasem-atlete van oor die wêreld heen, voor die stadsaal in Pietermaritzburg aangetree wees om die moeilikste marathon ter wêreld aan te pak. Wanneer die haan kraai en die skoot om 5:30vm klap vir die aanvang van die 89ste Comrades Marathon, sal al hierdie atlete net een doel …

EERSKOMENDE Sondag, 1 Junie, sal sowat 15 000 langasem-atlete van oor die wêreld heen, voor die stadsaal in Pietermaritzburg aangetree wees om die moeilikste marathon ter wêreld aan te pak. Wanneer die haan kraai en die skoot om 5:30vm klap vir die aanvang van die 89ste Comrades Marathon, sal al hierdie atlete net een doel voor oë hê, naamlik om die aand, voor 5:30nm, oor die eindstreep in Durban te draf en so die afstand van 89km suksesvol af te lê.

Soos almal weet, kry die eerste tien mans en dames wat oor die wenstreep draf, goue medaljes terwyl atlete wat die afstand in minder as 7h30m aflê, silwer medaljes verdien.

Die wat die afstand binne nege ure voltooi kry ‘n Bill Rowan medalje kry en die wat binne elf ure die wedloop voltooi, sal ‘n brons medalje ontvang. Al die deelnemers wat die eindstreep tussen 4:30nm en 5:30nm oorsteek, sal ‘n Vic Clapham-medalje ontvang. Vanjaar neem 23 atlete van die Vryheid Atletiekklub aan die Comrades Marathon deel.

Verlede Donderdag het die klub ‘n spesiale funksie by die klubhuis gehad waartydens al die deelnemers sterkte toegewens is. Ds. Ferdinand van Niekerk het ‘n spesiale en baie treffende Comrades-boodskap gehad terwyl ons klub se oudste en van die mees ervare deelnemers, Georgie Tasseron, ‘n spesiale motiveringspraatjie vir al die deelnemers gehad het.

Our Comrades contenders. Good luck, boys and girls!

Sy het ook, soos gebruiklik, ‘n spesiale boodskap aan ons klub se “novice” atlete, hierdie jaar, Prishantha Anandlal, gerig waarin sy vir haar ‘n voorsmakie gegee het van wat sy tydens die “afloop”-wedloop kan verwag.

Elke deelnemer is voorgestel en hul prestasies aan die mense teenwoordig voorgehou waarop ‘n spesiale T-hemp, wat geborg is deur Stegens Vryheid, asook ‘n geskenksakkie vanaf Van der Nest Apteek, aan hulle oorhandig is. Die res van die aand het almal teenwoordig heerlik saam geëet en die aand terdeë geniet. Die 23 klublede van Vryheid Atletiekklub wat gaan deelneem, het almal maande lank hard geoefen en saam duisende kilometers op die pad afgelê.

Spesiale voorspoed word aan Prishantha, met haar eerste Comrades Marathon toegewens asook Dietmar Dedekind wat die groot mylpaal bereik om sy 20ste Comrades Marathon af te lê en so sy dubbel groen nommer te verdien.

Georgie Tasseron en Alfred Mpanza pak hul 18de; Dirk Breedt en Roshen Anandlal hul 21ste en Hein Potgieter sy 24ste Comrades Marathon aan. Ander klublede wat gaan deelneem is: Adel en Michael Richards; Andre en Liezl Smit; Colette Terblanche; Dawid Jooste; Ingrid van Niekerk; Nelio de Oliveira; Simphiwe Buthelezi; Thale Buthelezi; Cathy de Beer; Barbara Dicks; Laura Tschirpig; Frank Beyers en Sabelo Ndlovu.

Graag wil die klub ook een van ons oud-klublede en vir baie jare klubkaptein, Sanet Maasdam, wat elke jaar al die pad van Australië hierna toe reis om aan die Comrades Marathon deel te neem, ‘n baie aangename wedloop toe wens.

Baie sterkte aan al hierdie klublede wat ons klub en gemeenskap gaan verteenwoordig tydens hierdie prestigeryke wedloop. Baie dankie ook vir al die klublede wat as ondersteuners na Durban sal reis – dit word opreg waardeer. Ons hoop ook dat ons voorsitter, Danie Nelson, wat tydens ‘n oefening sy arm gebreek het, spoedig sal herstel en gou sy hardloopskoene sal kan aantrek en self die veters sal kan vasmaak, ten einde saam met ons te gaan draf.

Klublede moet daarop let dat a.g.v. die Comrades Marathon Sondag, daar geen waterkar Saterdag sal wees nie en dat die “Comrades Marathon Nabetragtings-aand” volgende Donderdag, 5 Junie, om 6:00nm by die klubhuis sal plaasvind.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version