Sport

Vryheid Athletic Club – Comrades’ is net om die draai

Die Comrades' funksie vind op Donderdag, 28 Mei plaas en ons nooi veral die deelnemers, maar ook die res van ons lede om die funksie by te woon. Dit is regtig ‘n spesiale geleentheid.

 

DIT IS moelik om te glo dat ons nou al in Mei is en dit beteken dat ons lede in die laaste maand van voorbereiding vir die Comrades’ Maraton is!

Sterkte aan julle almal en onthou om goed af te skaal met oefening na die “Ultimate Human Race” toe, wat op Sondag, 31 Mei plaasvind. Die Comrades’ funksie vind op Donderdag, 28 Mei plaas en ons nooi veral die deelnemers, maar ook die res van ons lede om die funksie by te woon. Dit is regtig ‘n spesiale geleentheid.

Daarvoor het ‘n paar van ons lede hierdie afgelope Werkersdag ook hul laaste ‘long run’ gedoen in die vorm van die Deloitte Maraton in Durban. Die humiditeit en hitte het die wedloop bemoeilik. Geluk aan die van julle wat deelgeneem het, ook aan die van julle wat die 21km voltooi het.

Hierdie komende naweek gaan die klub St Lucia toe vir ‘n heerlike kuier en om aan die Isimangaliso Wedloop deel te neem. Ons sien uit daarna om julle op hoogte te hou hoe dit gegaan het, volgende week.

Onthou asseblief dat tydtoetse vanaf hierdie week Donderdag om 5:15nm begin! Dit raak nou al vinnig donker. Kom hardloop of stap gerus saam en bring iets saam om na die tyd te braai.

Vir verdere besonderhede kontak gerus ons sekretaresse, Carla by 084 477 7704.

Related Articles

Back to top button