BlogsOpinion

VRYHEID: XENA: the princess of worries?

Maar wat my meer worry, is die tiener se 'I've got this' houding… what exactly does he have?

Ek weet nie of ek die enigste een is nie – ek twyfel sterk, maar ek is ‘n worrier, nie ‘n warrior soos Xena nie.
Maar hold on, wag ‘n bietjie… in my jonger dae, many moons ago, is ek wel as Xena: Warrior Princess beskryf – my hare was lank en donker net soos Xena sin. Ek vermoed dit was die enigste ooreenkoms; want ek was beslis nie soos sy gebou nie – sy het kuite wat die bees uit die boelie-beef-blik kan uitskop. Sy het wel ‘n attitude, en ek ook – miskien was dit die ander ooreenkoms. En dalk, en let wel ek sê… dalk was dit ook omdat ek met my swaard ‘n pad na geregtigheid sal oopveg.

Maar anyhow, terug na my worrier gedagtes… ek worry oor die eindeksamens van die tiener en die halwe een. Hierdie jaar was… wel, kom ek stel dit so, dit was nie regtig ‘n jaar nie – dit was ‘n konkoksie van dae wat aanmekaar gelas is met maskers en sanitizers en die universe het besluit ons noem dit 2020. Ek dink eerder dat dit ons 20/20 vision gegee het om dankbaar te wees vir al die vorige jare wat ons daardie tyd gedink het was uiters k^%. Ek vat enige van die vorige jare terug as wat ek hierdie jaar oor het. Maar ja, die eksamens… die tiener is baie positief daaroor en herinner my op ‘n gereelde basis dat ek moet ophou preek because he’s got this. Maar hoe de hel hou ek op worry en preek, dis my werk – ek is ‘n ma en ma’s preek – dit staan so geskrywe in die boek ‘Dummies for moms 101’. En worry, dit sal ek altyd doen tot die dag wat ek my kop neerlê in die skadu’s van die lang bome. My ma het altyd gesê, haar worries het begin die dag toe sy nie meer haar kinders met een kombers kon toemaak nie. Nou wil ek net noem, dit moes ‘n ‘moe(l)se’ kombers gewees het, want ons is ses kinders! Maar soos die kinders onder die kombers uitgeklim het, het my ma se gryshare meer geword en haar worries groter. Ek kon dit daardie tyd nooit verstaan nie, maar vandag kan ek vereenselwig met daardie al-die-kinders-toemaak-met-een-kombers-gedagte.

Maar wat my meer worry, is die tiener se ‘I’ve got this’ houding… what exactly does he have? Dit kan enigiets beteken – dit kan beteken dat hy op sy gatvelle gaan deurskuur, of dit kan beteken dat ek moet ophou worry, want hy is okay met die skoolwerk. Maar soos ‘n tipiese tiener, praat dit mos nie met die een wat geboorte geskenk het aan hom nie, en ek moet alles uit hom trek, en dan kry ek ‘n skewe woord vanuit ‘n ander oord omdat ek belangstel. Dus, verstaan asseblief my worried mindset… Die halwe een aan die anderkant, is ek heel rustig oor, sy is diligent en gefokus – nou nie Einstein se kleindogter nie, maar dit maak vir my glad nie saak nie. Werk net hard en doen jou beste, dit is my leuse en natuurlik jou keuse. Ek kry skoon palpitasies net om aan die opkomende eksamen te dink… hoekom is die tiener en die halwe een so rustig oor alles? Hul rustigheid worry my meer as die eksamen – het ek die memo gemis wat sê dat ‘the year of the masquerade aka 2020’ almal sal deursit na die volgende graad?! As dit maar net so maklik was soos… ‘nee seuntjie, dra jou masker en advance na Graad 10’ – maar dit is nie! Come hell or high water, worry gaan ek worry… as ek die einde van hierdie jaar sien gaan dit ‘n miracle wees, want as my senuwees nie gaan ingee nie, gaan ek myself vergiftig met die afvreet van my freshly gelled nails – it is what it is!

ALSO READ: VRYHEID: Homemade Haaspasteie bak beter in ‘n Cesna vliegtuig

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button