BlogsOpinion

VRYHEID: Ek soek my klipkarretjies terug #computersmustfall

Ek onthou die eerste computerised ding wat ek gekry het was 'n Tamagotchi - ek dink dit is nou weer 'n ding, retro is mos deesdae IT

Ek onthou die dae, daardie dae – my kindwees dae.
Die dae toe klipkarretjies en modderpaadjies bou my gunsteling tydverdryf was. My ma wou nie vir my karretjies koop nie; sy het geglo dogtertjies moet met poppe speel, dus het ek maar klippies in die vorm van ‘n karretjie gesoek en daarmee gespeel. Ek was lief vir popspeel, maar ek het baie eerder in die modder met my karretjies en saam met my beste seuntjiemaatjie gespeel.
Rokkies dra was ook nie deel van my kindwees raamwerk nie. Vandag se kinders verstaan nie al ons struggles from back in the day nie. Van telefone wat nie rondgedra kon word nie, tot ons very high tech computer speletjies, wat in werklikheid maar net ‘n houertjie vol water was en die ringetjies op die pennetjies laat val. Ek onthou die eerste computerised ding wat ek gekry het was ‘n Tamagotchi – ek dink dit is nou weer ‘n ding, retro is mos deesdae IT.
Nou dit is so gogga-gedroggie wat mens elektronies aan die lewe moet hou met kos, water, aandag en liefde. Skaamteloos om te sê, myne het time and again die ‘doodskruisie’ oor hom gehad.
En toe… iewers in die proses het ek grootgeword.
Ek onthou die eerste keer wat ek voor ‘n computer ingeskuif het, ons het nie computer klasse op skool gehad nie. Ons het Tik as vak gehad en ons moes met sulke groot swart swaar tikmasjiene werk. Jy kon ook nie jou margins sommer met ‘n druk van ‘n knoppie verstel nie; dit moes uitgewerk word en dan het jy dit daarvolgens align. Maar om terug te keer na die eerste computer wat onder my vingers deurgeloop het… Dit was by my eerste werk – ek het nie eens die basics geken nie. Ek moes die aan- en afknoppie soek, want daarmee saam was ek nog boonop ‘n plattelandse girl.
Computers was daardie tyd nie ‘n algemene verskynsel daar doer in die bundus nie. Maar nietemin het ek die ou blikbrein bemeester, of kom ek stel dit so – die ding voer darem my opdragte uit. Na jare se oefen en self uitfigure hoe om wat te doen, ek struggle steeds, kon ek die ding suksesvol gebruik sonder dat hy my woorde forever insluk – dus ag ek myself ‘n suksesvolle computer user. Maar… en dit is ‘n groot MAAR – het ek tot die slotsom gekom dat computers suck! Ja, die goed maak ons lewe makliker met technology en the Fourth Industrial Revolution en whatnot – dis die toekoms, ek weet. Ek sê weer – computers SUCK!
Ek het hopeloos te gemaklik geraak en ek vergeet gereeld om my ‘swoeg en sweet’ te save – of hulle besluit om op te pak en alle werk verdwyn into the black hole of no existence. Ja, ek het al gehoor van die ‘wolkie’ waar jy al jou dokumente iewers in die lug kan bêre, maar dit beteken dat ek NOG ‘n app of programme moet bemeester. Ek wil glo dat ek redelik intelligent is, en ek vaar nie te vrot met die evilness en asprisgeit van die blikbrein nie – maar soms, net soms, sit hulle vir my lelik ore aan en dan gee ek ‘n matroos a run for his money -computers is soos mansmense – koppig, vol draadwerk (letterlik) en balhorig; dit is seker hoekom daar in ‘n manlike vorm na die ding verwys word – it is what it is!

ALSO READ: VRYHEID: Fairytales is nie gebaseer op Darth Vader neigings nie

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button