BlogsOpinion

Queue staan vir Harry Potter se magic wand (aka swab)

Maar ja, so wag ons toe nou maar vir die papiertjie wat gaan reken of jy mag rondbeweeg en of jy dan nou weereens 'with immediate effect' onder jou eie persoonlike lockdown gaan wees

En toe gebeur dit… daardie gevreesde onsigbare derduiwel kom klop toe mos nou wraggies aan my deur. Griep is ook nie meer net griep nie; wanneer jy deesdae griep kry moet jy gaan toustaan sodat hulle die magic wand van Harry Potter in jou keelgat of neus kan afdruk. En laat ek jou nou sê – they’ve tickled some serious brain cells back there met daai stokkie.

Maar ja, so wag ons toe nou maar vir die papiertjie wat gaan reken of jy mag rondbeweeg en of jy dan nou weereens ‘with immediate effect’ onder jou eie persoonlike lockdown gaan wees. En terwyl jy in die nie-seker-of-dit-griep-queue-is-nie staan, oorval die hoesery jou, en soos een man gee die omstaanders dan nou ook sommer sulke reuse tree eenkant toe. Net ingeval jy jou not confirmed coronavirus kieme vir hulle wil gee. Maar hulle vergeet dat ons almal in dieselfde bootjie is en vir dieselfde rede in die queue staan.
Maar nou ja, dis menslik en ons is skielik bang vir mekaar en beloer mekaar so onderlangs deur die maskers en ons wonder wie loop onwetend rond met Rona. Dan kom die gewag… 48 uur is hoe lank jy moet wonder. Ek het nie getwyfel nie; ek het geweet dat ek net een vieslike griep het, maar die dokter wou seker maak aangesien my longe maklik begin hande klap wanneer ek siek word en dan sommer net ophou asemhaal. Dus moet die dokter maar net bevestig dat dit nie Rona se kloue is wat my longe kielie nie.

Die gewag… elke keer wanneer my foon se notifications afgaan, raak ek yskoud – is dit dan nou die positief of negatief wat deurkom? Daardie ‘wat as’ moontlikheid in jou agterkop veroorsaak maar dat mens net so klein bietjie onseker voel. Dan beep die foon, en nee – een of ander klerewinkel het ‘n lockdown sale. Dan kan my kar beter versekering kry.
En onthou om jou oë te laat toets. Nog nooit het ek so baie SMS’e gekry soos in hierdie 48 uur nie. Almal SMS’e wat ek nie eintlik op die stadium wou hê nie.

En DAN – eventually – kom daardie een SMS waaroor jy slapelose nagte het. Die sweet slaan op jou voorkop uit, jou hande gaan aan die bewe, jou hartklop versnel. Jy haal eenkeer diep asem en click op die skakel wat jou na die uitslae lei – lees en lees en sien niks. Oor en oor, en jou oog bly die woord ‘N E G A T I E F’ mis lees. En dan nadat jy alles gelees het wat jou vertel van die foute wat kan insluip en die kant toe en daai kant toe… sien jy dit. Jy slaak ‘n sug van verligting. Amper soos wanneer jy wag vir daai dubbel strepies op die swangerskapstoets, en jy nie nou juis heeltemal beplan het vir ‘n pienkvoet nie – maar as dit gebeur sou jy daarmee ook kon deal. Net so het ek geweet wat ook al die uitslag sou wees, ek sou daarmee deal soos wat mens nou maar met baie ander dinge in die laaste paar maande moes cope en deal. En as ek positief sou wees, sou dit ook nie ‘n skande wees nie; dit beteken nie jy is melaats nie. Dit beteken dat jy ‘n virus opgedoen het, een wat hoogs aansteeklik is, en dat jy net eers moet rus en gesond word. En ja, obviously moet jy jouself mooi oppas wanneer jy positief sou toets – party mense word baie siek.

But please: No judgements – die lewe gooi genoeg van daai rond om nog met ‘n stigma te moet rondloop. Gooi weg daardie vooropgestelde idees en ondersteun mekaar, we are all in this together – it is what it is!

ALSO READ: 40-something and gravity goes forward

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

You can read the full story on our App. Download it here.

Carlien Grobler

Journalist (Freelance) for Vryheid Herald

Related Articles

Back to top button