BlogsDie WoestynrotOpinion

”Lockdown politiek, afkopstandbeelde en ‘n nuwe dinamika in wêreldstomheid.”

Ek wonder wie is regtig die fasciste in hierdie prentjie...?

Die ou sakie het so effens verander sedert verlede keer, en ons is nog steeds hier. Die sogenaamde waarskuwing van die EFF was toe ook warm lug, soos die meeste van ons al geweet het, en die pynappelbier is al boomskraap. Wat meer is, die manne kry koud, en die John Deere baadjies is in omloop.

Verder stort daar ‘n vrag reënwater oor Dundee uit, en heelwat koue kom val saam met hierdie winterreën. Groentetuine is klein, doodgevrieste verskrompelings van wanhoop, en die prys van kos storm halsoorkop die hoogtes in. Dis tog maar jammer dat ‘n botteltjie Marmite die duurste kos wat man en muis hom al gesien het, en dit in die ingrendelingstydperk.

Dan word ons reeds gebuigde wêreld geseën met die gewelddadige massahisterie wat die ons van die een Amerikaanse stad na die ander sien spring het. Die polisie is die grootste sondebokke in die opinies van die linksgesinde oproermakers, en in Atlanta het die manne gister besluit dat hulle genoeg gehad het. Hulle het almal teruggekom na die polisiestasie toe, voertuie parkeer, sleutels ingehandig en geloop.

“Sorteer julle self uit,” was die boodskap. Met ander woorde, moenie 911 bel nie, want niemand gaan kom nie. Toe die een man vir kommentaar deur die media gevra is, het hy gesê hulle moet ‘n styging in misdaad verwag. Nou ja, toe….

Die Amerikaners besef blykbaar nie dat hulle kaperjolle geen duit aan hulle werklikheid gaan verander nie, want hulle linkse narratief, wat nou deur ultra-versigtige polisiebeamptes op hulle knieë in steen op die strate uitgekap word, is die doodsklok van hulle beskawing. ‘n Volk wat weier om sy geskiedenis as sy eie te aanvaar, gaan nie geregtig wees op sy toekoms nie. Hierdie is geen dinamiese denkpatrone nie, slegs die bestaande narratief van vlagswaaiers en straatvegters wat geen teenspraak duld nie.

Ek wonder wie is regtig die fasciste in hierdie prentjie…?
Daardie “war of the flea” beginsel wat hierdie individue nou op die algemene Amerikaanse publiek probeer af forseer, kry sleg werkbaarheid as polisiemanne voor straatboewe gaan buig, wetmakers op hulle knieë gaan staat in die Huis van Verteenwoordigers om “hulde” te bring aan ‘n boef, wat toevallig swart was, en hom dan met grootse staatvertoon begrawe, burgermeesters snot en trane ween oor die kis, en gewone mense mag dan nie hul eie geliefdes begrawe nie.

Hoe het die maatskaplike afstandhouding op die Floyd-begrafnis gewerk? Iemand sal my dit moet vertel. Iemand sal my tog ook moet vertel hoe hierdie betogers en protesteerders vir jare onder die Confederate-vlag deurgeloop het, en nie eers opgekyk het na dit nie, maar nou blok hulle polisiebeamptes en besmeer gedenktekens? Wie vertel hulle wat om te doen? As jy kyk na die foto’s en video’s van al hierdie trawalles, vier intelligensie nie juis hoogty nie.

Met die Sjinees-Indiese grensgeskil gister, waar 20 Indiese troepe geneuwel het, het ‘n nuwe dinamika die huidige problematiek betree. Gaan ons ‘n uitloopsel van hierdie skermutseling op die internasionale terrein sien, of gaan die VSA, wat op die oomblik besig is om ditself uitmekaar te skeur, eerder hoogty vier?
Vra maar net
Sela


HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za.  Add us on WhatsApp 071 277 1394

Related Articles

 
Back to top button