Rona het my convert na ‘n Flintstone werewolf

Ek voel soos 'n dogtertjie in 'n candy store, uiteindelik gaan hierdie Pippie Langkous-hare getem word

Ek sit voor my spieël – make-up opgeplak, die lot van ‘n vrou, jy weet mos.
Ek groei al ‘n unibrow – ‘n aaneenlopende wenkbrou. Ek kam tans maar net die unibrow, hou die hare netjies, jy weet. Maar anyway, nat slierte hang om my gesig. Nee, suffer girl, jy wou mos hare groei, nou het die damn lockdown seker gemaak dat geen gatgril dit laat afsny nie. Mens het geduld tot op ‘n sekere lengte, dan jeuk jou hand en jy sny al wat skewe punt is summier af. Die gier het my nog nie oorval nie. Rona het so onverwags kom klop en haarself kom tuismaak dat die tyd maar min was om te worry. Hoe lyk hierdie Rona-girl se hare? Het sy ‘n permed upstyle of hang dit ook maar slierte. Sy is verantwoordelik vir hierdie Stone Age-look wat tans die nuwe mode-gier is – onwillekeurige mode-gier.

Ek ruk my gedagtes terug, dit gaan nie help om te sit en wonder oor Rona se hare nie. My oog vang die druppels teen die venster. Dit reën buite – nogsteeds – en dit is koud. Vandag gaan hierdie boskasie op my kop weer in alle rigtings krul. Opstaan was swaar vanoggend, maar ek staan op met ‘n lied in my hart. Want terwyl ek so vir my klaar ‘gemake-upde’ gesig sit en kyk, onthou ek Oom Cyril se woorde… hy het baie gesê maar ek het net een ding gehoor. Hierdie Flintstone-look gaan nie meer trending wees nie.
Maar soos wat Uncle Cyril nog besig is om die ban te lig, is ek al op my foon – besig om my haarkapster te WhatsApp. Ek voel soos ‘n dogtertjie in ‘n candy store, uiteindelik gaan hierdie Pippie Langkous-hare getem word. En van die kleur wil ek nie eens praat nie – lockdown did me NO favours. My grootste klagte is die 1001 ekstra gryshare wat skielik oral op my kop wys. Dis nie ouderdom nie, dis tiener-giere-gryshare, veroorsaak deur die tiener en die halwe een. Genadeloos soos die nat weer op my hare. Nat weer en out of shape hare – spel disaster. Die kante flick op soos die van Heidi – cartoon version. Daardie tipiese piepie-pot styl. Ek loop laag in die winkels, ek kan nie bekostig dat iemand my sien nie, die wat my sien, sal my nie herken nie. Alweer Rona se skuld! Sy het my kom stroop van my vars-uit-die-salon-look waarna ek elke maand so smag. Sy kan nou maar gerus haar handsak vat en gaan. Ons het nou genoeg van haar vermakerige houding gehad. Hierdie jail-time is ook nou nie meer lekker nie, en die panties oor die monde en die alcoholic fumes in die lug van al die sanitizers is genoeg om enigeen op ‘n plak te sit. Geduld… ja geduld – die een ding in die lewe waar ek die queue gemis het toe dit uitgedeel is en nou moet ek dit toepas. Ek doen nogal nie te bad nie, want ek moet oral en ek bedoel ORAL in ‘n queue staan en WAG. Ek druk maar daardie geduld-knoppie van my soos ‘n PS4 game console tydens ‘n mission van Final Fantasy. Maar ons moet dankbaar wees, dankbaar dat die salonne uiteindelik die werewolves onder ons weer soos mense gaan laat lyk! No more growling at one another – go and cut those hairs! It is what it is!

ALSO READ: All for one and one for all

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version