All for one and one for all

Maar ongelukkig is hierdie drie vriendinne van my nie noodwendig mal oor mekaar nie, en hulle vermy mekaar maar gewoonlik soos 'n bril in die bek.

Ek is nie ‘n overly sensitive siel nie, ok maybe is ek – ok ok ok… ek is ‘n overly sensitive siel. Dinge kan my baie maklik upset, veral as mense praat sonder om te dink. Maar ek het ‘n vriendin gemaak, ja, dis alweer ek en my variety van vriendinne – party is goed vir my en ander wil ek met law suits bykom soos julle dan nou reeds weet uit ‘n vorige skrywe. Maar kom ek stel julle voor aan Sannie, nou Sannie-kannie-worry-nie, en ek bedoel sy kan letterlik nie worry nie. Vir Sannie-kannie-worry-nie het ek op ‘n redelike jongerige ouderdom ontmoet. Nou Sannie het haarself kom voorstel die dag toe iemand hul eie tong verwar het met ‘n meslem. Vandaar het ek en Sannie groot tjomme geword.

Seker so paar jaar nadat Sannie ‘n vriendin geword het, het ek en Betina so vat-en-laat-los begin gesels. Nie veel vir mekaar te sê gehad in die begin nie, maar soos tyd aanbeweeg het, het ek en sy lekker begin chat en ons het dieselfde belangstellings gedeel. Maar kyk, let’s face it, Betina-benoude-boude is vir jou ‘n eksentrieke entjie mens! Betina het die vermoë om die bobbejaan agter die bult te gaan haal, nog voordat die bobbejaan gebore is. Sy is die teenoorgestelde van Sannie-kannie-worry-nie. Betina is op die beste van tye ‘n nervous wreck. Dis nou maar in haar gene en sy is so gemaak en laat staan. Ek het haar maar so aanvaar – no use in trying to change her.
Mmmmm… toe kom Tina op die toneel – ek het vir Tina ontmoet toe ek so rukkie uit matriek is. Tina-Terggees is ‘n nommertjie uit ‘n ander stuk materiaal gesny. Sy het die gawe om my te laat bloos van hier tot in oom Daantjie se kallerhok – wie ookal oom Daantjie dan nou mag wees, hy is beslis nie familie nie. Ek sou geweet het. Maar anyway, ek probeer maar vir ou Tina so min as moontlik sien, alhoewel sy ‘n baie goeie hart het, en my altyd laat beter voel wanneer sy kom kuier. Tina het ‘n lighartigheid aan haar wat almal om haar aansteek om te lag en die lewe te geniet.

Somtyds is ek gelukkig, of dalk ongelukkig – dis seker maar debatteerbaar – maar soms kry ek die geleentheid om al drie van hulle in dieselfde vertrek te kry, en kan ons sommer lekker opvang met geselsies, ‘n gourmet ete en liters wyn. Maar ongelukkig is hierdie drie vriendinne van my nie noodwendig mal oor mekaar nie, en hulle vermy mekaar maar gewoonlik soos ‘n bril in die bek. Maar miracles happen, en dan gebeur dit dat ons almal om een tafel in ‘n restaurant kan sit en kuier. Anyhow, die kelner, klein maer en tingerige ou dingetjie – hy eet beslis nie die oorskiet van die borde af oppad terug kombuis toe nie – kom staan voor ons met die menu, en skielik stuur ek ‘n skietgebedjie op. Asseblief laat hierdie drie vriendinne van my hulself net gedra. Die kelnertjie vertel heelhartig en in sangvorm van die specials, en met die het hy nog nie eens sy tweede sin klaar gesing-praat nie of Sannie-kannie-worry-nie klap die bleeksiel met een woord. Skouer-ophalend sal sy so onderlangs na hom loer en met ‘n snorkerige stem sê: “whatever”. Ek voel hoe die rooi teen my nek opkruip en hoe my boude al dieper in my stoel sak, grond toe. Gelukkig slaan die kelner nie vreeslik ag op haar ongeskiktheid nie. Maar net toe die siel wou loop, om ons sodoende ons regmatige 5 minute besluit-tyd te gee, sal Betina-benoude-boude mos toe nou ook van haar laat hoor! Ag hemeltjie behoede ons! Wat het my besiel om hierdie vriendinne te wil treat!! Betina se nervousness is so duidelik sigbaar en aansteeklik dat die aangrensende tafel se mense ook begin rondskuifel op hul stoele. Maar Betina het daai uitwerking op mense, jy begin selfs krap waar dit nie jeuk nie. Maar, Betina is bekommerd – oh hell, what’s new – nervous begin sy vertel van hoe mense aan garnerings verstik in sulke fênsie restaurante. En hospitale is duur, en begrafnisse nóg duurder! En daar spark dit dan nou ook Tina-Terggees se lont, en sy trek los met haar ‘wat asse’… wat as jy aan die stukkie vis byt en jy is eintlik allergies, Betina… wat as die ertjie in verkeerde keelgat afgaan, Betina..wat as die rekening te hoog is, en ons moet skottelgoed gaan was, Betina… tussen Tina-Terggees en Benita-Benoude-Boude se angswekkendheid en gedermrygery deur, probeer ek ook nog vir Sannie-kannie-worry-nie kalm hou: want die is al halfpad oppad deur se kant toe, met haar ‘whatever’ wat sy almal toesnou! Die mense staar. Die kelners staan soos soutpilare. Daar is ‘n onaardse stilte tussendeur die geklingel van die Chef se mes vanuit die kombuis. Nee, dink ek by myself! Hierdie kan nie so aangaan nie! Ek sal móét ingryp. Ek ruk my spieëltjie vanuit my Sissyboy handsak. Streng kyk ek na myself in die spieëltjie – hazelnut-kleurige oë staar terug na my. Die vraag is, wie van die drie gaan eerste hul verskyning maak in my reflection? POP – dis Sannie-kannie-worry-nie wat eerste haar verskyning maak. Ek trek my big girl panties op, wat effe knyp op die oomblik, ek dink my boude is te dik. “Jy stop met jou don’t care houding!”, skel ek saggies. So seker soos snotstrepe op ‘n kleuter se wang verdwyn Sannie-kannie-worry-nie. Die ander twee dames skrik hulself in ‘n ander bloedgroep in oor my ‘streng-geit’. Stil-stil voel ek hoe hul terugstaan – terug in hul kassies. Ek trek my rug regop, en stap uit die restaurant asof daar geen meltdown van enige aard was nie. Ek sal nie slegvoel hieroor nie, ek weier. Almal het sulke vriendinne en ‘n meltdown nodig somtyds en ons moet maar daardie vriendinne in ons koppe in toom hou – it is what it is!

* Ek het nie werklik meer as een persoonlikheid nie, alhoewel baie ander (van my persoonlikhede) met my sal verskil…

ALSO READ: Wanneer die evil susters kom intrek

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version