BlogsOpinion

Wanneer die evil susters kom intrek

Dan sal die halwe tiener by my kom en my mooi laat verstaan dat daardie wors-masjiennommertjie ook nou nie eintlik meer by my ouderdom pas nie.

Ek staan voor my kas – urgh… as ek nog een oggend moet wonder wat om aan te trek, gaan ek my toys uit my kot gooi!
Hierdie in-between koud en warm weer werk nie vir my nie. Of dis koud en ek kan heeldag met my long johns loop of dis warm en ek kan my bikini aanplak (ja right, asof ek met ‘n bikini sal rond paradeer). Die gewiggies en die ouderdom is ‘n pes; hulle sluip in die nag nader en môre-oggend sit jy met ‘n ekstra plooi, gryshaar en kilogramme. Madam Vet-sel kom plak haar unwanted cellulite hier op jou boude en bobene… en van die tummy praat ek nie eens nie. Madam Age het ‘n mind of her own – ek het nou al hard gepraat, gedreig en met ‘n law suit probeer om haar uit my huis te hou. Maar nee, ore is min net soos die tiener en die halwe een sin. Ore sit onder hul voete! Maar asof ouderdom op haar eie nie genoeg is nie, is sy en Madam Vet-sel mos GROOT vriende.

Nou kyk, die twee madams saam gaan my dryf tot bottels en bottels gin. Madam Vet-sel en ek het die afgelope paar jaar goeie kennisse geword… nie dat ek haar wil ken nie. Maar sy is soos een van daardie vroue wat haar neus so teen joune kom druk wanneer sy met jou praat.. jy wil ander pad kyk, but she’s in your face! Nou, Madam Vet-sel het seker so kort voor Madam Age haarself kom voorstel…
Ek het soos enige regdenkende vrou, nee dankie gesê vir haar vriendskap – but she is resilient! Daai nommertjie vat nie nee vir ‘n antwoord nie. Sy is net so kort kop agter Madam Vet-sel as dit by ongenooid kom, want daai madam kom plak haarself sommer so op dieselfde stoel langs my neer wanneer ek rustig wil eet… ongeskik sê ek vir jou, sy sal daardie chocolate wat ek so skelmpies sit en eet sommer so uit my mond vat en aan my boude smeer. Watse tipe vriendin doen sulke goed? Ek voel soos Genis van Koöperasie Stories, hoogs verontwaardig! Ek het haar al vriendelik versoek om ander blyplek te loop soek, maar sy klou soos ‘n twee-jarige tydens ‘n tantrum in ‘n toy shop.

Ongeskik was ek al ook met haar gewees. Ek het Madam Age nou die dag probeer weg toor met ‘n magic potion – ek het dit presies gebruik soos wat die heks op die botteltjie beskryf het, maar helaas sit die ou kraai-voete nogsteeds onder my oë. Madam Age het haar eie trawante en een daarvan is daardie kraai wat in die nag op my oë kom trap en dan nog wragtag die vermetelheid het om lyne regoor my gesig kom staan en pik met daardie lang swart snawel van destruction.
Tussen Madam Age en Madam Vet-sel weet ek nog nie wie die evilste van die twee is nie – party dae is dit asof hulle ‘n pact gesluit het om op een dag my lewe absoluut hel te maak. Want staan ek voor my klerekas en dink aan ‘n sexy nommertjie wat ek wil aantrek vir die dag, sal Madam Vet-sel mos nou hier langs my kom inskuif net om seker te maak dat daardie nommertjie nie meer sexy pas nie. Of nee, nie net NIE sexy pas nie, sommer net glad nie pas nie! Wors-masjien is ‘n mooi een wanneer ek dan in die spieël vir myself kyk.

Dan sal die halwe tiener by my kom en my mooi laat verstaan dat daardie wors-masjiennommertjie ook nou nie eintlik meer by my ouderdom pas nie. Sien! Die twee nare hekse het my halwe tiener ook nou al corrupt! Wanneer ek dan nou maar die nommertjie uittrek net om Madam Vet-sel en die halwe tiener happy te hou, en ‘n ander outfit uitgrou… sal Madam Age mos haar keel kom skoonmaak langs my. In haar preutse stem sal sy so oorleun en in my oor fluister van hoe ek hierdie gedra het toe ek in my 20s was. Wat weet sy anyway? Met my koppigheid onder die arm, frommel ek hom maar weer op en druk hom tot diep agter in die kas. Lê maar daar tot die muise jou vreet, want ek mag jou mos nie meer dra nie… jy wil mos te jonk wees, dink ek so by myself terwyl ek die jong outfit saggies uitskel. Dis hierdie dinge wat dit half ontmoontlik maak vir ‘n vrou om in die oggende betyds klaar te kry.
Dis hierdie alewige gestryery tussen die ongenooide vriendinne wat maak dat ons altyd laat is. Jy kan net nooit albei van hulle op een dag gelukkig hou nie.

Dis soos ‘n balancing act – as die een in die lug is, foeter die ander een op die grond neer en gooi ‘n tantrum. Elke vrou het eintlik ‘n persoonlike Hannon in haar kas nodig. Hannon moet gekloon en verkoop word. Ons vrouens het hom nodig; ek wil ook my makeup soos syne laat lyk – hy lyk flawless en het geen skewe kraai-voete onder sy oë nie! Maar nou ja, I wish – en ja, jy wish ook, moenie jok nie! Ons almal fight dieselfde battle, don’t be all high and mighty on me now… face it, girl, jou kraai-voet-oë het ook ‘n potion of ses nodig… So, toe dink ek… ja, ek weet ek dink nie baie nie, maar dit gebeur soms en dan kom daar gewoonlik nie te bad idees nie. Maar anyway, ek dink toe so… as elke vrou net bietjie meer waardering vir hul voorkoms het… hoe dit ookal mag wees. Of Madam Age en Madam Vet-sel jou vriendinne is of nie, waardeer net dit wat jy sien in die spieël… want op hierdie oomblik is jy die oudste wat jy nog was en is jy jonger as môre… treasure dit! En die ou ekstra bietjie padding, daai hou ons tog lekker warm in die winter…en die love handles gee die manne darem vatplek vir ‘n lekker drukkie… It is what it is!

ALSO READ: Bring it on, Heidi!

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

You can read the full story on our App. Download it here.

Carlien Grobler

Journalist (Freelance) for Vryheid Herald

Related Articles

Back to top button