BlogsDie WoestynrotOpinion

Appelbier, koeranttwak, Sjinese virusse en daai donkiekawala

Nou kom die vraag op, wat het entlik nou van Vlak Vier na Vlak Drie toe verander...?

Die gedwonge inperking, of lock-down, grensdelstaat, noem dit wat jy wil, is ‘n staat van gedwonge leeglê, wat deur hoofsaaklik boewe in uniform afgedwing word, op mense wat besig is om hul werk in stringe te verloor.
Dit is verseker nie iets wat ons in ons wildste drome kon verwag het het nie, en kom amper naby die krygswet wat Slinkse Jannie met die Rebellie afgekomdig het.
Dit word boonop nog winter ook, die wind waai, en mense is gatvol.
Gatvol vir bangwees om winkel toe te gaan, Gatvol vir die masker wat tog in elk geval nie gaan werk nie, en gatvol vir boewe in unifrom wat jou rondklap vir ‘n “slip” vir daai siegrets wat jy in jou sak het. Die afdaling na vlak drie van die inkerkering is ‘n effe verligting, maar ook nie regtig nie.
Ons sit by die huis, en ons drink huisgemaakte appel- en suurlemoenskokiaan, want die smaak van daai ou rooiwyntjie is deesdae net ‘n vergange murmurering in die gange van jou smaakkanale, en ons gaan nie van rookgoed praat nie. Daai is ‘n ander seer storie.
Hierdie kant van die Mieliepapgordyn is ons darem so op ‘n manier nog gelukkig. Ek sien net soldate as hulle kom kos koop op agter op die bakkies by Pick en Pay sit, en ‘n regte polisieman of spietkop het ek bloujare laas gesien. Die manne het ‘n baie mer ontspanne aanpak op die regulering van ons afsluiting, en jy sien hulle nie sommer nie.
Jy sien hulle net as jy deur ‘n buurman gepimp word dat jy sonder ‘n masker in jou kar sit, of jy draf nog vyftien sekondes buite die tyd. Bewaar jou siel as jy op die strand betrap word. Hulle staan sulke troppe daar en wag jou tot jy uitkom.
Ek kan al sien hoe ry ‘n man op sy branderplank van Ballito af Durban Beach toe.
Die ander ding van al hierdie goete is die feit dat iewers, maak nie mer saka waar nie, gaan iemand alles op video hê. In die ou dae het ons bolle gerol, klaargekry, en basta.
Nou kom die vraag op, wat het entlik nou van Vlak Vier na Vlak Drie toe verander…? Oompie Cyril het geverduidelik, maar hier buite onder in die straat bly dit maar ‘n ander storie.
Ek kan al hoor hoe die oumense sê hierdie gaan ‘n saak wees wat mens eendag aan die kleinkinders moet vertel. Die sogenaamde Nuwe Normaal, wat net vir hulle gaan sin maak, aangesien hulle Ou Normaal en ons Nuwe Normaal nou dieselfde normaal is. En die mense staan nou al tou buite die winkels. Dis net die sigaretsmokkelaars wat hier baat vind, maar wat maak dit nou saak…?
As hulle nie meer vir ou Juju kan huis opsit nie, vir wie gaan ons nou lag..? Ons moet maar vasbyt en voortstu, want die meeste van die ander opsies, veral die vuur-en-slypsteenvariëteite op Facebook klink te veel na werk, lyk dit dan nou vir my.


HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za.  Add us on WhatsApp 071 277 1394.

Related Articles

 
Back to top button