BlogsOpinion

Whose leftovers are these anyway?

FBI cockroaches, dis wat hul is! Lurking in the dark, and they watch you, they know E V E R Y T H I N G!

Before lockdown… current lockdown… after lockdown (makeover deur Hannon, maybe?) – level 5… level 4… en nou hopefully level 3 SOON!
Dit klink soos ‘n new release on the movie circuit – ‘coming soon on May 31’, en die countdown van ‘n rocket wat moet opstyg. Ek is nou al so keelvol vir die corona en covid twins, ek wil naar word. En wanneer ons dan amper ‘n mate van ‘n nuwe normaal bereik het, sal dinge in ‘n rigting kan begin beweeg. Maar dit verander nog nie die chaos in ons daaglikse huishouding nie. Want met die dat die kids by die huis is, word die kaste elke halfuur ge-raid. Die kaste is so leeg dat daar nie eens vir die odd kokkerot wat ook onder lockdown is, ‘n ou krummeltjie iets is nie.

En ja, almal het ‘n kokkerot of twee of drie in die kas –hulle is erger as die clown van die movie IT wat in die sewerage pype wag om iets/iemand te gryp. Jy kan net nie van hul ontslae raak nie, al gif jy, al spuit jy, al maak jy skoon…. Hulle hou jou dop, en kruip uit net wanneer jy dink dis skoon en veilig! FBI cockroaches, dis wat hul is! Lurking in the dark, and they watch you, they know E V E R Y T H I N G! Maar anyway… kyk, my huis het gewoonlik nie leftovers nie, want met ‘n 15 jarige going on 16 jarige seun in die huis, word tot die aanbrandsel van die potte afgelek. Maar deesdae maak ek bietjie meer kos, sodat daar vir hongersnood nommer 1, ‘n ou ietsie is om aan te knaag.. let wel, dis ‘n halfuur nadat hy dan nou van die etenstafel af opgestaan het.
Apparently volgens die kinders, is my signature dish, chicken curry – nobody makes chicken curry like mom. So ek vat daardie kompliment, want dis nie aldag wat ‘n ma iets regdoen in ‘n tiener se oĂ« nie. Die leftovers word in ‘n bakkie gebĂªre en is in werklikheid enigeen sin om te eet.

Daar word gewoonlik dibs op die leftovers geroep. Asof dit enigsins iemand anders van die yskas sal weghou. Dis ‘n kwessie van wie die mees uitgeslape en vinnigste is, survival of the fittest if you will – Survivor 101 rules geld hier. Ek wens net partykeer dat ek Jeff is, dan kan ek ook die een wat my die meeste gryshare gee, evict. Imagine how awesome that would be… hahahaha… I wish! So, the game of the leftovers werk soos volg, wie gaan eerste by daardie leftovers uitkom. Maar aarde, ‘n tienerseun se kreatiwiteit as dit by hogging kom, is verbysterend! Hy sal daardie bakkie oorskiet so wegsteek dat dit lyk asof die melk die botter is, en die botter die wyn is… mmmm wyn, yeah right – dream on!

Geen alkohol is meer in hierdie huis nie, lockdown drank it all!! Maar anyway, jy weet wat ek bedoel. Maar as jy nou mooi daaroor nadink, wie se oorskiet is dit nou eintlik? Ek sou reken dis die een wat die kos in die eerste plek gemaak het sin – maar hongersnood nommer 1 reken dis altyd syne… I beg to differ! As dit dan nie die een wie dit gemaak het sin is nie, is dit sekerlik die een wat dit eerste in die yskas vind sin. Wrong again!! Dit is ook nie volgens hongersnood nommer 1 die geval nie. Hy reken, dis die een sin wat altyd honger is. Nou in my huis, is dit ‘n geveg tussen pa en seun van wie gaan eerste by daardie kos uitkom. Kyk, en as jy my nou vierkantig die duiwel in wil maak, dan is dit wanneer ek chips en chocolates gekoop het, en dit weggesteek het vir laaaaater. Net om dan die verlepte papier van die leĂ« pak chips in die kas te kry. Dit ref my m-meter van 0 to 200 in 0.2 sekondes! Share! Al ooit gehoor van share! Dan kom die blame shifting. Want ek wil weet, en o hel, ek wil weet wie het daardie pak chips opgevreet. Ek is soos ‘n bull terrier wat nie laat los nie – waarheid gaan uitkom. One way or another – I’m gonna get you… get you, get you, get you… ja, net soos daardie song van Blondie.

En soos twee drie-jariges sal hul my aangaap en dan verbaas vra: Maar waarvan praat jy? Dan word my intelligensie ook nog onderskat! Die chips kan ek nog aanvaar tot ‘n mate van frustrasie. Maar my chocolates.. oh hell no, ek is ‘n self-confessed chocoholic. Moenie my chocolates opvreet en dan maak of jy niks weet nie.
AS dit by my chocolates kom, is ek soos ‘n bloodhound – ek SAL aan jou asem ruik en ek SAL jou klere besnuf, tot ek die skuldige uitgeruik het. Het tieners en mansmense dan nog nie geleer nie, never ever underestimate the mother… want jy gaan tweede kom! Confess dan tog net, aanvaar die consequences en vat jou punishment soos ‘n man – it is what it is!

ALSO READ: Superheroes by ‘n maskerbal

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button