Superheroes by ‘n maskerbal

Die wêreld het dit verkeerd gehad, dis nie toiletpapier nie, maar TANDEPASTA

Phantom of the Opera… Batman… Spiderman… Superman… almal superheroes, of soort van superheroes!
Ek weet darem nou nie of jy die ou met die masker in Phantom as ‘n superhero kan sien nie, maar anyway. Maar buiten dat hul heroes vir dekades is, het hul een ding in gemeen, en ja, you’ve guessed it! Maskers! Masks! Onherkenbaar vir almal om hulle – hul ware identiteite weggesteek! Maar tog, kan ons hul erken aan hul maskers. Wys hul maskers vir iemand, en sonder om die res van die outfit te sien, weet ons presies aan wie die masker behoort en wat daardie superhero se strengths of powers is. So loop ek in die winkel nou die dag, en skielik wil ek uitbars van die lag, want almal om my het maskers op.

Ek wou selfs gou’n vriendin message om vir haar te vertel van die mal mense in die winkel met hul maskers op. En soos wat ek lag vir my inner-joke, stap ek verby die yskas en sien my eie refleksie – hallo, idiot! Duh!
Jy het ook ‘n masker op – vir daardie sekonde van ‘n oomblik het ek vergeet dat ALMAL maskers moet dra, jy inkluis judgemental poplap, fluister ek vir myself! En skielik is die grappie nie meer so snaaks nie, want ek glimlag maar eintlik altyd, okay nee, ek jok – ek glimlag wanneer ek lus het. Maar nou kan ek dit nie eens doen nie, maar waaroor ek baie bly is, is dat ek nou kraswoorde kan uiter en niemand gaan weet nie. Want let’s face it, wanneer daar geshop word is daar ALTYD kraswoorde by betrokke. As dit nie verkeerde pryse op die rak is nie, is dit vrot vleis … dan praat ek nie eens van die produkte wat jy soek, en die sign “out of stock” pryk in die plek daarvan nie. En so tussen die rakke deur speel jy raai-raai-riepa om uit te figure wie kruip weg agter daardie gesig panty.

So gaan ons mekaar begin uitken aan ons maskers!! Nes soos die superhero’s – ons is nou ook superhero’s! En ons attend almal ‘n prestige maskerbal, al suck die musiek waarop ons moet dans. Ek sê jou, maskers het sy voordele. Dan maak die ou lieflike gesig panty dit ook net soveel makliker om jou ware kleure en emosies weg te steek. Het ons nie almal maar ‘n ou ietsie wat ons vir die wêreld wil wegsteek nie? As dit nie ‘n puisie op die wang is nie, is dit ‘n skewe neus – maar dan is daar daardie emosionele maskers wat baie – indien nie almal nie, van ons dra. Daardie masker waaragter jy wegkruip… hetsy dit is om konflik te vermy, om hartseer weg te steek, ‘n gebreekte hart, ‘n onvervulde liefde… die lys gaan aan en aan. Hierdie spesifieke maskers dra ons al lankal, nog voordat ons leiers besluit het dat dit ‘n verpligte ding moes wees. Families en vriende dra maskers voor mekaar, en dis juis daar waar jy veilig moet voel – maar daar dra jy die die meeste van die tyd daardie onsigbare masker.

Maar op ‘n ligter noot – ek het ‘n helse issue met maskers, want die goed kom in die wildste kleure. En NEE, ek kan nie my eie maak nie – ek kan nie eens ‘n knoop vaswerk nie! Nou kyk, ek is nie bang vir kleur nie, maar ek verkies my plain black, dark black en neon black… en tans skree al die kleure waarin die maskers beskikbaar is teen my verskeidenheid skakerings van swart klere. En ‘n vrou wil darem colour coordinated wees hoor. So dus, loop ek met hierdie bont gesig panty oral rond, en die ergste van alles is, ek kan skaars asemhaal. En vir die eerste keer ruik ek my eie asem. Girl, eat some parsley! Ek besef met ‘n skok dat ons maar liewer moet opstock op tandepasta, en mondspoelmiddel. Die wêreld het dit verkeerd gehad, dis nie toiletpapier nie, maar TANDEPASTA. Out the door goes benoude boude, welkom benoude asem! Dit ruik hondsleg! En jy kan borsel tot jou enamel afsplinter, jy ruik nogsteeds jou eie asem. Maar ja, ons is nou op die volgende level van die coronavirus game, en ons moet hierdie level wen, of ons advance nie na level 3 toe nie. So plak op daardie masker, en smile – of nie, niemand gaan anyway weet nie! It is what it is!

ALSO READ: Ma-wees is nie vir sissies nie!

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

 

Exit mobile version