BlogsOpinion

How to create a Momster 101?

Mansmense reken dat vroue issues het, ppffttt... Girl, mansmense het PMS times 10!

Men are from Mars, women are from Venus… Daardie hele konsep is messed up. Want kom ek vertel vir jou, ek dink nie daar bestaan ‘n planeet waar mansmense vandaan kom nie. Ek dink hulle het die hele sonnestelsel gemis! Hulle het net sommer from nowhere hulle enorme voete hier op die aarde kom neerplak!
Mansmense reken dat vroue issues het, ppffttt… Girl, mansmense het PMS times 10! Ons, die vroumense, probeer dinge uitsorteer, maar mansmense kry stilstuipe in overdrive.
En wanneer jy wel ‘n reaksie uit hul kry, is dit ‘n gegrom en ‘n gebrom dat jy anyway nie kan hoor wat hul wil sĂª nie.
Onder normale omstandighede grom en brom hulle, but oh boy – wanneer hulle ‘n Mrs Puff van Spongebob Squarepants op hulself trek en daar kom wel sort of ‘n geluid uit, is dit amper gelykstaande aan die geluid van ‘n Boeing wat probeer opstyg. Hulle gaan haal hom doer agter in die keel, en soos wat die Boeing die aanloopbaan insluk met die spoed van die heilige seekoei, so klink daardie gegrom en gebrom.
En dan wip hulle daai alies van hulle, erger as ‘n twee-jarige op ‘n tantrum-spree. Nee kyk, ek weet nie waar kom die skrywer van die boek vandaan dat ‘Men are from Mars’ nie… Ek reken ‘n Marsmannetjie sal minder issues hĂª as ‘n man.
Maar vroumense is nie onskuldig nie hoor, Venus is ook maar net ‘n skuilnaam vir ‘Befoeterdheid 101’. Oe, helletjie hel, a woman scorned is ‘n gevaarlike spesie.
Net soos met mansmense, is stilstuipe ook ‘n algemene siekte, add a bit of sulking daarmee saam en ‘n twist of vengeance met ‘n knippie overthinking en jy het ‘n vlatervrye resep vir ‘n emosionele tsunami. En die clash kom in wanneer die vrou wil praat, want ons is mos maar ‘n praterige spesie, en die man verkies om met sy emosies ‘indoors’ te deal… Kyk, dan kan jy ‘n cracker in my uhm aansteek – want dit vererger net die reeds broeiende emosionele tsunami tot ‘n full-blown volcanic eruption gepaardgaande met ‘n orkaan. Daar is nie genoegsame natuurlike disaster elemente om te beskryf hoe ‘n vrou voel wat geĂ¯gnoreer word nie! Ek kan baie dinge hanteer, maar moet my nie ignoreer wanneer ek bereid is om die minste te wees en dinge uit te sort nie. Want dan, broer, steek jy die lont aan van die ontploffing wat gaan kom. En for some reason, verstaan mansmense dit nie; hulle dink om ‘n reeds broeiende storm te los en te ignoreer gaan die storm laat verdwyn en alles intact agterlaat. Oh, you have a surprise coming! Or rather you have a hurricane coming! Damn it! Is dit regtig so moeilik? Praat met ons, op ‘n sagte maar besliste manier. Vertel ons dat jy kwaad of ongelukkig is hieroor of daaroor, maar neem ook die geleentheid en tyd om te luister hoekom ons voel soos ons voel. Ons voel nie soos ons voel sommer maar net nie; daar is ‘n rede – iets het dit getrigger. Dit was 10 to one jou eie skuld! Of dit nou jou lomp, dom en onnosele woorde was, en of dit nou jou optrede was… Of dalk het jy net nie geluister na wat ons nie verbally gesĂª het nie, maar bedoel het. Maar iets wat JY aangevang het, Meneer Kamptig-Onskuldig, het dit getrigger.
Maar NEEEEEEEE… julle verkies om die situasie (bedoelende ons) te ignoreer! Please don’t do that… By doing that, you are creating a ‘MOMSTER’. Ja, ons overreact sometimes, maar dit sal help as jy kalm bly en na ons luister sonder om ook op jou perdjie te klim. Ons is nie so moeilik om te verstaan nie; leer net luister en lees tussen die lyne – lees daardie invisible geskribbel van ons want ons sĂª nie altyd ‘n ding reguit nie, we hint at it…
Leer hints vang; jy hou mos van sport. Ons hou daarvan om mysterious te wees, en jy moet van jou kant af net so effe meer moeite moet doen om uit te vind wat fout is – en ons NIE ignoreer NIE! Ons kry genoeg daarvan met kinders wie se ore onder hulle voete sit. Praat en praat en geen reaksie! So eintlik is mansmense en kinders dan mos uit dieselfde stukkie lap gesny, come to think of it… Maar een ding is seker, ons is nie van Venus nie, ons kom van ‘n heeltemal ander dimensie af, so deal with it – it is what it is!

ALSO READ: ‘n Paranoid-paranormal Paaseier hunt

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button