BlogsOpinion

‘n Paranoid-paranormal Paaseier hunt

Ek is seker jy wil nie gejudge word as jy dalk die virus opdoen nie; jy wil nie soos 'n melaatse/uitgeworpene voel nie. 

Paranoid in CAPITAL letters! Niks is meer normaal nie, of watookal die woord normaal mag beteken het in die verlede.
Die nuwe normaal, die abnormale normaal – paranormal… vir die eerste keer in ‘n lang tyd stap ek gou vanaf die kantoor winkel toe – dis net makliker, want ek en parallel parking is nie maats nie!
So stap ek die straat af, permit om die nek… en skielik voel ek heeltemal oorweldig. Dis stil, maar nie stil-stil nie, daar is beweging. Maar sovêr as wat ek stap, is die winkels toe. Verlate. Afgeleefd. Deserted.
Dit bring ‘n hartseer oor ‘n mens wat jy nie aan ander kan verduidelik nie.
Gaan hierdie winkels ooit weer oopmaak? En soos wat ander voetgangers verby my loop, voel dit asof ek vir die oomblik net wil wegkruip totdat hulle verby is.
Stop it, damnit! What’s wrong with me?!
Voor die winkel aangekom, moet ek in ‘n queue staan… wanneer laas het ek so in ‘n queue gestaan?
In my veldskooldae, dink ek – vir kos! Ja, blikbord en beker in die hand, moes jy in ‘n queue staan vir kos!
Maar nou, hier in my winkel-queue, hou ek my social distance – en sodra die een agter my bietjie nader staan, of te naby, beweeg ek verder weg.
Personal space het ‘n new meaning gekry. My personal space was kleiner as wat social distancing van jou verwag.
Gespanne staan ek my beurt en afwag. Slegs ‘n sekere hoeveelheid mense word in die winkel toegelaat. One out, one in. Dis die reël – die nuwe abnormale normaal – die paranormal. Dit waaraan ons nou moet gewoond raak.
Jou hande word gesanitise voordat jy mag ingaan. Benoudheid kruip hier van diep binne jou maag na bo… en jy wil jou mond toeknyp sodat daar nie ‘n geluidjie van angs by jou mond uitglip nie.
Raak vir my rustig, sing Snotkop in my agterkop. Net soos in The Hunger Games – trust no one!
Soos ‘n dapper uitverkorene van jou district betree jy die unknown – jaaaaaa, dis hoe dit voel hoor. As ek my camo’s kon aantrek, sou ek – dit voel of jy ‘n zombie apocalypse slagveld betree.
Val plat op jou pens, leopard crawl tot by die eerste rak… onder the invisible enemy se radar in.
Jy is absoluut kêns, dink ek by myself. Jy kan mos nie met jou mooi-moois op die grond wil loop en rondseil nie. Trek dan tenminste vir jou overalls aan vir next time.
Nee man, kom nou, ruk jouself reg – dis net ‘n winkel.
En tog, soos wat ek deur die rakke beweeg wil ek mal raak – ek is te bang om aan iets te vat en in my mandjie te sit. Want ‘wat as’ – wat as daardie ding besmet is.
Shopping was in die verlede ‘n maklike en relatief aangename ervaring – maar deesdae is shopping ‘n straf. En die ergste van alles, it’s all in your head!
Ja die virus is real, ja ons moet versigtig wees – maar angs en paniek beheer ons op die oomblik. My ekskursie om paaseiers te gaan koop het ontaard in ‘n absolute abnormale vrees vir die onbekende. En al wat ek wil hê is chocolates!
Hasie chocolates, eiertjie chocolates, marshmallow chocolates… en die virus het wraggies amper die oorhand gekry, ek wou die winkel uitvlug sonder my Easter stash.
The mind is ‘n powerful thing – it can make you, or it can break you! It all depends on you and how you look at a situation.
Ek kan myself net indink hoe angslyers op die oomblik moet voel. Ek het nie angs nie, ook nie depressie nie – ok, soms is ek depressief maar kom ons noem dit eerder sulking.
En sulk kan ek sulk hoor, ek sulk vir die eerste span! Gelukkig is dit maar die norm onder alle vroue – ons sulk!
En ons is Olimpiese-kampioene op die gebied.
Maar my emosionele welstand is nie nou ter sprake nie, of eintlik is dit – ek weet ook nie (sê die een wat ‘n uur of wat gelede wou uitfreak in ‘n winkel).
Ek dra ook nie ‘n masker of handskoene nie. Meeste mense dra dit. Ek is nog nie seker oor die slim mense se navorsing nie, ek dink elke persoon doen maar waarmee hul gemaklik is. And no judgements from each other – do not judge – full stop.
Jou judgements maak van jou ‘n boelie. ‘n Boelie is nie noodwendig iemand wat fisies sterk is nie, dis iemand wat onmin saai – wat die saadjie van doubt in jou brein plant. Wat hy/sy opinie op ander wil afdwing.
Die boelie voel onseker, en dis vir hom/haar makliker om almal rondom hulle te beïnvloed as wat hulle alleen onseker voel.
Ek is seker jy wil nie gejudge word as jy dalk die virus opdoen nie; jy wil nie soos ‘n melaatse/uitgeworpene voel nie.
Jy sou graag op ‘n social distance omhels wou word met ondersteuning en liefde. Dit kan net sowel jou kind of jou ouers wees… enige familielid for that matter. Dis tog wanneer ‘n gemeenskap moet saamstaan, nie judge nie – of jy nou geel, groen, oranje of pienk van kleur is. Stop the bullying!
Maar anyway, oppad terug kantoor toe, probeer my kop process wat pas in die winkel gebeur het… soos wat ek by die kantoor instap, voel ek lus en strip op die plek, want terug is daardie ‘wat as’… wat as iemand aan my geraak het en my klere is besmet en ek gaan nou almal om my aansteek.
Wat as die chocolates waarvoor ek soooooo lus was dalk die virus ophet. Wat as ek by die huis kom, na ‘n
dag van ‘buite’ wees, en ek my kinders aansteek.
Dit is daardie ‘wat asse’ wat jou teen die mure wil uitdryf, en jou siel in ‘n donker gang laat gaan dwaal.
Breathe… just breathe… this too shall pass. Dinge sal terugkeer na normaal, miskien nie die normaal wat ons geken het nie, maar ‘n nuwe normaal.
Nuut is goed. Nuut beteken oorbegin, weer begin… ‘n nuwe hoofstuk. En die mens is pretty good met aanpassings en oorbegin. We will survive – we have to, we don’t have much of a choice.
Los net die ‘wat asse’ en die kopmonsters by die deur en moet hulle nie saam met jou inlock nie. Be safe, stay safe – it is what it is!

ALSO READ: Gin-in-a-teacup

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

You can read the full story on our App. Download it here.

Carlien Grobler

Journalist (Freelance) for Vryheid Herald

Related Articles

Back to top button