BlogsOpinion

Week twee in die sak

Ek dink darem nie ons lewens gaan gou terugkeer na normal toe nie

Hello mense.

Hoe gaan dit met julle in die #Lockdown2020? Hou julle dit darem uit? Teen die tyd dat julle hierdie rubriek van my lees is ten minste 14 dae al verby.

Ek dink darem nie ons lewens gaan gou terugkeer na normal toe nie.

Daar word nou baie planne beraam en maatreёls ingestel om ons veilig te hou. Die beste wat ons kan doen is om by die huis te bly en gereeld ons hande te was. Nie net vir ons eie beswil nie, maar vir die mense om ons.

Ek wil weereens dankie sê aan almal wat in hierdie tye waarin ons leef nog steeds uitgaan om te gaan werk. Dokters, verpleegsters, boere ens, ek salueer julle.

Anders as in Suid-Afrika groei die infeksietempo in oorsese lande baie vinnig en honderde mense sterf daagliks. Ek is baie bly ons regering het vinnig wakker geskrik en uit ander lande se foute geleer. Ons moet egter nie op ons louere gaan rus nie.

Wat maak julle alles by die huis? Om besig te bly is die beste tydverdryf.

Die dag toe die ‘lockdown’ begin het, het ek my baard afgeskeer. Ek wil sien hoe lyk dit as ek uit die isolasie uit kom.

Also read: How to protect yourself and others from catching Covid-19

Ek lees en skryf nog al die pad. Ek oefen my arms met my gewigte sodat ek darem ʼn armdruk-uitdaging kan wen; verder voltooi ek legkaarte en luister na ʼn wye verskydenheid van kunstenaars. Van Fleetwood Mac tot John Denver of van die Beatles tot en met Smokie.

Daagliks ry ek buite rond in die tuin om bietjie vitemiene D (sonlig) in te neem en te kyk hoe die herfs aangerol kom. Die Paasnaweek lê voor en sê vir al die kinders hierdie oom het gereёl dat die Paashaas sy eie masker het so hy sal wel sy opwagting maak. Hy vra i.p.v wortels soek hy ‘hand sanitizer’.

Ek mis dit om rugby te kyk. Ek het nou die dag my Sharks-trui aangetrek net om naby die spel wat ek lief het te voel.

Ek sien op sosiale media baie mense het nou leer kook. As #socialdistancing nou iets van die verlede is nooi my oor om bietjie te kom proe. Ek is bly om te sien al gaan dit hoe rof, ons sal altyd braai.

Hier is vir julle ʼn braai-resep (dit is vir nagereg). Vou oop ʼn stuk foeliepapier, vat ʼn piesang en sny hom in die helfde, pak die piesang vol malvalekkers, strooi stukkies peppermintcrisp-sjokalade oor die malvalekkers en vou die foelie toe in ʼn pakkie (maak genoeg pakkies vir almal).

Braai dit oor lae kole vir vyf minute en volià, daars jou poeding. Dit is ook lekker as mens die pakkie oopmaak en roomys byvoeg.

Aangename Paasfees.

Click to receive news links via WhatsApp. Or for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter. Join us there!

Related Articles

Back to top button