Lock(down), stock and smoking barrel

Tans dra elke moontlike Suid-Afrikaanse citizen die aarde of dan nou maar die land op sy/haar rug... but we'll get through this - soos wat ons altyd deur alles anders in die lewe en in die wêreld kom... ons is mos sterk babas!

Lockdown – mmmm – nou kom ons dink bietjie hieroor… lockdown in tronke beteken dat jy in jou sel moet bly – toegesluit – limited movement!
En hier is ons hele land nou ook in lockdown – beperk tot jou huis – limited movement!
Dit is ‘n first vir almal – die onsekerheid van hierdie hele situasie ontsenu selfs die sterkstes onder ons – ek dink ons almal voel op die oomblik soos daardie ou, wat is sy naam nou weer? Jy weet mos daai een wat die aarde op sy rug dra… Tans dra elke moontlike Suid-Afrikaanse citizen die aarde of dan nou maar die land op sy/haar rug… but we’ll get through this – soos wat ons altyd deur alles anders in die lewe en in die wêreld kom… ons is mos sterk babas!
Ons ouers het ons mos op tiermelk grootgemaak!

MY grootste issue is hierdie 21 dae – opgesluit saam met tieners!
Ek kan nie eens gaan wegkruip by die werk nie! Nee, deal gaan ek moet deal met al wat ‘n tantrum is!
En kan kinders nou vir jou verveeld raak – hul aandag strek net van die een snack na die volgende een.
En glo my – dit is soos in letterlik vyf minute uitmekaar!
Daardie alewige ‘mamma, ek is honger – wat kan ek eet?’ en daardie dreaded ‘mamma, ek is verveeld, wat kan ek doen’?, en soos die goeie mamma met haar Liewe Heksie streke wat ek is, sal ek dan voorstelle maak soos ‘eet ‘n appel want dis gesond’, maar intussen smul ek skelmpies aan die slab chocolate wat ek onder my kopkussing weggesteek het.
En ‘gaan skop jou rugbybal buite rond, dis gesond om aktief te wees’, terwyl ek op die naat van my rug op die rusbank lê en series binge watch!

Nou, my bekommernis is – hoe gaan ek vir 21 dae lank vir hulle kan jok oor gesonde snacks en oefening?
DUS – ek het begin dink aan daardie speletjie waar jy Smarties op die gras rondgooi en die kinders uitjaag om hul snacks te gaan soek… Nou my probleem daarmee is, Bailee – die Jack Russell – sy gaan hulle outrun, outwit en outeat aan daardie Smarties!
Niemand of niks is so skerp soos ‘n Jackie wat ‘n challenge ruik nie!
En om tieners te outwit hoef jy nou ook nie die skerpste mes in die laai te wees nie, hulle brein-kapasiteit werk mos maar net vir ‘n sekere aantal ure and then they space out.
En by the way, het jy al gesien hoe manoeuvre ‘n Jackie lyfie wanneer daar ‘n imaginary hunt on the go is?
Ag genadetjie tog, kyk nou hoe derail my trail of thoughts – focus, girl, focus – bly op die paadjie!
So anyway… goodbye – daar gaan daardie plan dan nou ook maar by die venster uit!

Nee hel! Hierdie gaan my gek maak!
Velcro stertjies, sê ek jou, want gaan ek badkamer toe, en ek kyk op – dan staan daar ‘n kind!
Staar my aan met groot honger en verveelde oë (o en moenie die confusion op die gesig vergeet nie)
En dan, dan kom die vraag: ‘wat maak, mamma?’ (Oh my soul – nee – ek kan nie).
Wat dink hulle doen ek? Nee hoor, ek is in die badkamer want… uhm, ek is besig om kos te maak… really?
Wat doen ‘n mens gewoonlik wanneer jy badkamer toe gaan (of een van die dinge wanneer jy badkamer toe gaan)?
Het ons regtig nodig om daardie vraag te vra? Dit is soos om by iemand se huis aan te kom en te vra: ‘het jy ‘n toilet? Uhm… nee maar ons het ‘n tuin’.

Maar blykbaar kan kinders nie die onderskeid (excuse the pun) tref tussen human needs en common sense nie!
Dan kom dit weer: ‘is mamma klaar, gaan mamma nou opstaan?’
Uhm, nee, nie terwyl jy vir my staan en kyk nie!
En soos ou Quasimodo van die Hunchback of Notre Dame sleepvoet hulle weg – highly offended omdat jy hul durf vra het vir ‘n bietjie privaatheid.
Maar nee, praat van privaatheid – boeta het mos ‘n sign so groot soos ‘n walvis se neusgat teen sy deur op: ‘KEEP OUT’… ‘STAY AWAY’… ‘KNOCK FIRST’ en wie weet wat alles! Hellooooo, dude! Wat het geword van mom’s privacy toe jy ‘n paar minute gelede vir my staan en kyk het.
Ek het onder performance anxiety gely terwyl ek van my bodily fluids moes ontslae raak! Nooit daaraan gedink nie, het jy?
Teenagers are all about ME, MYSELF and I.
Hulle is aliens, no doubt about it, en die invoer- en uitvoerbelasting op hierdie wesens is astronomies!
Rehab! 21 bottles… sorry, ek bedoel days van gegiste ‘juniper berry juice’ is wat ek gaan nodig hê aan die einde van die 21 days of lockdown!

It’s a love/hate relationship at this stage… Maar darem net totdat hulle daardie weirdness en awkwardness afskud en hulle actual human beings word – maar vir nou, ALIENS! It is what it is!

VERSKOON TOG, FOKUS GOU VIR MY: Vir ingeval jy die memo gemis het – jy is in lockdown, hoor… So, suck it up, buttercup – dis nou die tyd om daardie gedulddraadjie bietjie langer te weef, en sluk maar daardie gatgrille en giere van die ou kindertjies; it’s payback anyway, jy was seker ook maar ‘n moeilike nommertjie op die beste van tye – maar doen tog net die regte ding!
STAY AT HOME! #flattenthecurve

Toiletpapier versus Super Mario!

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Exit mobile version