BlogsOpinion

Kouse, wasdag en egskeidings!

Jy haal die eensame kous uit die masjien - grensend aan mal grou jy tussen die ander nat wasgoed - maar niks!

Wasdag – onthou jy daardie liedjie van kleintyd – Maandag is wasdag, Dinsdag is strykdag, Woensdag is een of ander huisvrou-slawe-drywer-dag, ek kan nou ook nie meer alles mooi onthou nie.
Maar anyway, Maandag is wasdag en dit gebeur gewoonlik na of voor werk… en jy hardloop gou-gou soos ‘n soet dogtertjie met ‘n rein hartjie deur die huis en kry boet en sus se kleertjies – want for some mysterious reason kan hulle voetjies nie tot by ‘n wasmandjie loop nie.
So dan trippel mammie maar tralala deur die huis en versamel die ou wasgoedjies.
En jy tralala maar weer soos daai girl van The Sound of Music na die waskamer.
Gepraat van, kan iemand so happy wees om ‘n dubbelverdieping huis skoon te maak, en dan nog boonop daardie klomp trappe van vergelyking kinders oppas.
En so waar as parra manel dra dans en sing sy alte vrolik terwyl sy dit doen!
Ek wonder wat drink sy? Of nog beter, wat rook sy? Magic brownies, maybe? Who knows!
Maar anyway, terug na die werklikheid en die waskamer met sy grootbek wat wag om my te verslind vir die volgende uur.
DUS – elke kous het ‘n maatjie, en elke kous word saam met sy maatjie in die masjien gegooi.
Nadat die wassiklus voltooid is, word die wasgoed sorgvuldig uitgehaal… En dan sien jy dit!
Jou hart skop soos Naas Botha – en drop it like a Disprin.
Dis weg sĂª ek jou – weg!
Jy haal die eensame kous uit die masjien – grensend aan mal grou jy tussen die ander nat wasgoed – maar niks!
Jy kyk af in die drom van die wasmasjien, en soos Alice in Wonderland trek die donkerte jou in… Jy trek Chinese eyes om beter te kan sien (my kind).
Hoe is dit moontlik? Jy begin die drom skommel en loer langs die kante in. Dalk het die kous uitgeglip en langs die drom gaan ‘wegkruip’ – kouse is mos maar soos stout kinders, kry altyd ‘n gat(krul) – aka tantrum – wanneer jy by die la-di-da mense kuier.
En skaamte in all shades of grey, ek bedoel red, kruip oor jou gesig wanneer daardie slaptjips-tone deur daardie gat in die kous loer.
Dan is daar natuurlik daardie ander scenario – wanneer die kous in ‘n hoekie in die huis gaan lĂª en vir maaaaande kan niemand hom (of is dit nou ‘n haar, het kouse ‘n geslag?) kry nie -let wel, jy maak kamtig huisskoon… maak huisskoon soos jou agterwĂªreld ja!
Nou hoor my lied – en nee, nie The Sound of Music een nie – maar my gesanik-sang… net so kan jy kinders ook nĂªrens heen vat nie, want hulle gaan vir jou in die skande steek- it’s a given, that’s their job, it’s what they do – mark my words! Terug by die kous, en nee, hy is nie terug nie – die ding is weg!
Die masjien het hom geëet/ingesluk/verteer/divorce (noem dit wat jy wil).
My conclusion – wasmasjiene is evil! Die wortel van die kwaad ten opsigte van die mystery van die geskeide kouse!
Een kous stap kaalgat uit (excuse the pun) met custody van ‘n imaginary babakous en die ander kous verdwyn in die ‘witness protection progamme’!
Dit is die enigste verklaring – ek was daar – ek het die hele Bold and the Beautiful saga gesien!
En verslae stap jy terug huistoe met die divorcee-kous in jou hand – ashoop toe met jou meneer/mevrou! En net soos die arme eensame lappop op die ashoop, met haar leĂ« bottel bier en verlepte angelier, het sy nou ook ‘n divorcee-kous bygekry!
Kouse het ‘n lewe van hul eie, en hulle loop weg – it is what it is!

ALSO READ: Gin-in-a-teacup

Image: humongous.fandom.com

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

Related Articles

Back to top button