BlogsOpinion

Gin-in-a-teacup

Jy juggle everyday life in die een hand, en met die ander hand - ja wel, met daardie hand wil jy kinders aan hul ore ophang!

Mom in progress
Kinders grootmaak is nie vir sissies nie!
Dis ‘n balancing act op die beste van tye!
Jy juggle everyday life in die een hand, en met die ander hand – ja wel, met daardie hand wil jy kinders aan hul ore ophang!
Nee, ontspan tog madam, hou maar die social workers hieruit, dit is slegs a matter of speaking. Maar wanneer jou rustige Donderdagoggend ontaard in ‘n Formula One resies – jou Schumacher-voet plat op die pedaal en daar word gejaag van winkel na winkel – net om ‘n koerant in die hande te kry! Dan sal jy maar alte goed verstaan waar die drang om kinders aan hul ore op te hang, vandaan kom.
Maar seriously?! Windverwaaid – sweetstrepe oor jou voorkop, Tarzan-tou slierte oor jou voorkop, mascara smeer al soos ‘n Batman-masker oor jou oë, dis maar nog net 7uur in die oggend! Maar anyway, dis nie die punt nie! Nee genade, nie eens sterk koffie gaan jou deur die dag kry nie – jou dag is mos nou klaar skeef danksy sussie, maar jy sit jou ‘alles is okay-gesiggie’ op en jy smile en wave. Want vir mammas en veral werkende mammas, is daardie luxury van ‘n burn-out nie beskore nie. Nie vandag nie – en beslis ook nie môre nie!
Nee poplap, splash maar jou make-up aan en trek daardie big girl panties aan, trek vir hom sommer lekker hoog op. Die baas het die deadline gegee, en sussie se krisis is gou iets van die verlede! Na koffie-koppie nommer vier, (en let wel, dis nog nie eens 10uur nie) onthou jy weer dat boeta vanmiddag rugby het. Maar for the life of you, kan jy nie onthou of hy sy togs ingepak het nie.
Hy het wel te midde van sy tiener-tantrum iets gemompel van die studs wat af is en dat iemand een of andertyd na ‘n sportwinkel moet gaan om dit te laat vervang.
Maar wie is daardie iemand na wie hy verwys? Nou kom sit die duiwel op jou nek, en jy kry daardie aspris-streep in jou.
Net omdat boeta so verwaand was en hy dit op so nukkerige manier gesê het, heroorweeg jy jou opsies. Wat is dan tog die ergste wat kan gebeur as hy nou juis vanmiddag nie sy togs het nie. Hoe kwaad kan ‘n alien-tiener dan tog nou ook word?! En die gedagte van daardie destydse movie Gremlins kom in jou gedagtes op. Een spatseltjie water en daardie ou cuddly en vriendelike bondeltjie verander in ‘n monster wat alles verskeur en opvreet. Mmmm… daardie gedagte alleen laat jou sidder, en jou besluit word heroorweeg.
Salig sleep jy maar jou voete by die kantoordeur uit en vat die togs na die sportwinkel, want jy is ook darem afterall ‘n goeie ma – al beweer sussie dat jy ‘Liewe Heksie-streke’ het. But who cares, ou Levinia moes ook met gifappeltjies deal, net soos wat vandag se working moms met hul tienerjarige gifappeltjies moet deal.
It is what it is – suck it up, buttercup! Sug…

ALSO READ: Fanie Breytenbach, the mechanic from Vryheid

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

You can read the full story on our App. Download it here.

Carlien Grobler

Journalist (Freelance) for Vryheid Herald

Related Articles

Back to top button