BlogsEntertainmentLifestyleOpinion

Voetsporespan toer die NKZN Slagveldroete

Terry Worley, Redakteur van die Northern Natal Courier, is as deel van hulle uitreik na plaaslike media uitgenooi om die aand van September 11 saam met die manne te gaan kamp en om onderhoude met die span te doen.

Dit was ‘n koue Vrydagmôre in ‘n goeie week wat die oproep van die Voetspore-span deurgekom het.

Die manne was op ‘n binnelandse toer, en hulle sou een week op die Slagveldroete spandeer. Die teiken was die Slag van Spioenkop en die Slag van Bloedrivier. Terry Worley, Redakteur van die Northern Natal Courier, is as deel van hulle uitreik na plaaslike media uitgenooi om die aand van September 11 saam met die manne te gaan kamp en om onderhoude met die span te doen. Die binnekoms van daardie drie Voetspore-Landcruisers het ‘n bykans onmiddellike sensasie in Ladysmith veroorsaak. Verbygaande belangstellendes en bewonderaars het onmiddellik nadergestaan vir ‘n handdruk en ‘n foto, en Johan en sy span het moeite gedoen om al die belangstelling te akkommodeer. Ek het die Belegmuseum met hulle deurgegaan, en daarna het ons na die slagveld op Spioenkop vertrek.

Die verhaal van hierdie epiese konfrontasie het groot belangstelling gewek, en na ‘n vinnige middagete het ons die staptog oor die berg gedoen, terwyl Stefan Sonnekus die gebeure op film vasgelê het. Op September 13 het ons die manne op Bloedrivier gekry, en daar het ons die toer afgesluit met ‘n groot middagete, deur Anton en sy vrou Judean Janse van Vuuren, aan ons voorgesit. Die Voortrekkermomument se direksielede het ons na die Ncome-museum vergesel, en na ‘n paar onderhoude van Johan Badenhorst met Cecilia Kruger, die besturende direkteur van die VTM, het ons die toer onder begeleiding van ‘n tipiese orkaanwind afgesluit.

Also read: Power couple takes up the reigns at Blood River

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button