BlogsDie WoestynrotOpinion

Devil’s Advocate – Selfies en Chinese by die stembus…

Nou ja, so dreun die hoerneste in die parke voort, tot een 'n raadslid self in die agterent byt

Ek dink ons ken al almal hierdie storie.

Die volk het nou nie almal toegang tot Internetrekenaars nie, maar hulle het almal selfone. Almal. Ek staan nou die dag in die pille-ry by Clicks, en voor my staan ‘n redelike stewige dogter met ‘n selfoon so groot soos ‘n varkpan. Sy giggel vir haarself, steek tong uit vir die telefoon, maak grootoë dat ek later begin wonder of die kind nie dalk mank gaan aan intellektuele kapasiteit nie. Met nadere ondersoek sou ek agterkom sy is besig om selfies te neem. Bloedvannerwalt.

Ek struikel hier oor ‘n Endumeni Municipality Faceboekblad toe ek ingang gesoek het oor ‘n munisipale geskil, waar ek toe sien dat daar een ou dingetjie letterlik honderde fotos van haarself gepos het. Hoe werk hierdie besigheid dan, het ek gedag, en toe maar aangeneem sy werk seker daar? Dit was dalk die een ou gesiggie wat vir my op Faceboek ‘n boodskappie gestuur het dat sy by die Munisipaliteit werk, en ek maar in 2019 weer kan gaan slaap, want Coronation Park is hulle plek vir feesvier, en ons kan maar weer in 2019 slaap.

Nou ja, so dreun die hoerneste in die parke voort, tot een ‘n raadslid self in die agterent byt. Dis eleksiejaar 2019, die ANC het hoeka ‘n gebeurtenis gister in Coronation park gevier, en die boodskappe en selfies vlieg van selfoon tot selfoon. Die griffels wissel van gewoon bisar tot buitensteruims, maar my duim is geduldig, en die vee uit-knoppie werk glad. Politieke partye belowe my die son, maan en sterre, maar toe ek so bietjie gaan Google en uitvind dat daar meer as 500 politieke partye in die land is, begin ek te wonder….? As daar nou regtig 500 geregistreerde politieke partye in hierdie land is, dan is dit seker ook geen wonder dat geen stelsel werk nie….?

Hoe korrek is ons inligtingstelsels nog…? Hoe weet ons die inligting wat deur ons selfone na ons diffundeer, is bruikbaar..? is dit regtig waar dat hier bataljonne Chinese en Russiese soldate op ons grense sit, en gaan die ANC regtig die land so destabiliseer dat dit ‘n noodtoestand kan uitroep en demokratiese prosesse kan fnuik? Dan praat ek nie eers van die mees fantastiese stemposse wat die hele land vol vlieg en die vrees van die duiwel in ons minder gesofistikeerde landsburgers en genote injaag.

Dis nou amper soos die groot en belangrike regsfirma wat vir my die mees fantastiese epos stuur oor die vreeslike bedrag geld wat ek van ‘n ou Engelse tannietjie geërf het nadat sy my op Facebook raakgesien het. Die moment wat jy op die epos gaan kliek, en jy uitvind dat dit van ‘n Hotmailadres gestuur is, dan wonder jy maar so ‘n bietjie, of hoe…? Ek hoor nou daar is ‘n ou Nigeriër dood in sy huis gekry met berge kontant by hom. Sy woonstelnommer was 419. Hy het vir jare probeer om die geld weg te gee, maar niemand wou sy eposse antwoord nie…!

Related Articles

 
Back to top button