BlogsDie WoestynrotOpinion

Devil’s Advocate – Wanneer die manne mielies gooi…

Dis 'n storie van twee vlaktedonkies uit die Droogkaroo, en die karretjiemense het hulle Langoor en Vlakte gedoop

Ek ken ‘n storie.

Dis ‘n storie van twee vlaktedonkies uit die Droogkaroo, en die karretjiemense het hulle Langoor en Vlakte gedoop. Twee broers, weet jy. Hulle het ‘n oom in die Namib, ene ou Oorle, en die ou asem het almeleë se dae al daar ver in Swakopmund, oftewel Swakkopmint, soos die donkies soms neig om te besing.

Ek dag ook so effe dat ons vir Aap innie vergadering moet insleep.
Nou, hier innie droogte, waar mense sommer so sonner skaamte bitterlik baie liters water wegmors op onbenullighede soos karwas en stort, is daai twee vlaktedonkies alte onseker oor hoe om nou met hierdie bokkerse droogte te maak – Vlakte het iets anners vir Aap gesê, maar die spietkop het bitterlik gemaan om tog nie só hard te praat nie, want sien, die groot Vryheid wat so ongepoets op hulle kom neerdaal het in 1994, het almal ook vreeslik siek gemaak. Die heleboel het stelligaan almal beginne allergies raak vir werk.

Hierdie woestynvlaktedonkie het daai moddervet spietkop net geloer. “Julle klomp hanskakies het natuurlik geen rede om te kla nie, né..?”
“Hoe bedoel meneer dan nou?” brom die ou, effe gesteurd.
“Hier moet ek pootsaam brood verdien, innie flou lig van my aangesig, en julle bokkers maak oral die blits met julle fensie bakkies en Fordse. Werk julle nie juis dood nie, of hoe?” Die Tarentaal maak ook sy verskyning, en die ou se bek is dik, Aap se bek is dik vir die donkie, en die Tarentaal se bek is dik vir almal wat hom sien. Tarentaal wou vir Aap ‘n oorveeg gee, maar hy krap net die Raybanne van die ou se smoelwerk af.

“Vir wat flietewieter julle in Dannhauser rond as man julle hier nodig het?” brom die ou stuk veerwerk.
Ek het hom natuurlik nou weer loop skel laasweek omdat hy net sit en vet word in daai keffie van hom, en die mislikepalliteit se ellendes en slaggate al beginne baard kry van die niksdoen nie. Nou wil hy die dienders op hulle m**r kom speel. Ou Aap vroetel so aan sy belt, maar die bullie hou hom fyn dop.

Op daardie oomblik seg niemand iets nie.
Alles verander toe daai platpoot van ‘n Engelsman kom binnestrompel, en so half die potplantstaander loop dat die ding daar tussen die peppersteak pies loop infoeter.

Onse verwoeste aarde……ou Tarentaal skrik hom skoon uit sy pakkie Kent-sigarette uit, en die twakkies wat die vlak vol val, maak weer die bullie skrik, en die gryp die Token indian aan sy kuitvelle, wat onmiddellik skuilik agter die Boogskutter soek. Aap soek skietgoed en trap die meubels om. Die Tarentaal laster ten hemele dat Mev Tarentaal hom uit die kombuis uit skel, ek val tussen die ou Huisgenote in soos die bullie my stoel onner my uitpluk. Al die teenwoordige regspleging probeer op een slag by die deur uitvlug. Aap kry sy bakkie se deur oop, met die bullie wat aan sy bosvelle hang, en daar bokkeroff hy, bo-oor die keffie se stoep dat jy net pilare sien omval. Die hele ou blerrie meeting spat uitmekaar soos wat bek en pote vlug, en die polieste stuur voice clips die eter in om te kom help. Hulle steek nie ‘n neus by daai tjaarts offies uit nie.

Demmit. Ons sal seker maar daai onsigbare administrateur moet gaan vra. Dis nou voor Aap die Zimbabwiese grens oorsteek in sy ylingse vlug, die ou swernoot.


HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za.  Add us on WhatsApp 071 277 1394.

Related Articles

 
Back to top button