BlogsDie WoestynrotOpinion

Wanneer die volk cool of common raak -‘n kykie na ons

Wel, die volk kyk nog steeds rugby, ons petrolprys styg nog steeds in ‘n malle vaart om geld te genereer sodat die regering hierdie bed wat hy die laaste twee dekades al opmaak, op kan lê, en ons mense baklei mekaar. Die bloed loop in die strate, op Vuisboek, in raadsale en oor heinings. Is …

Wel, die volk kyk nog steeds rugby, ons petrolprys styg nog steeds in ‘n malle vaart om geld te genereer sodat die regering hierdie bed wat hy die laaste twee dekades al opmaak, op kan lê, en ons mense baklei mekaar.

Die bloed loop in die strate, op Vuisboek, in raadsale en oor heinings.
Is ons cool, of common….? Ons verneuk en bed****r mekaar in raadsale, in die strate en in die winkels.
Ons is vinnig om te baklei, en bitter min van ons sal ‘n hand uitsteek na een van ons eie as hy of sy geval het.

Een of ander slim oom het eendag gesê die mensdom se gemeenskaplike morele hoëgrond wys in die manier waarop dit sy diere behandel. Gaan loop ‘n draai by al die SPCA-hokke in hierdie land, en dan weet jy hoekom dit ‘n argument vir ‘n volgende dag is.
Met die nuutste orkaan wat die Amerikaanse kus van Florida getref het, het ons weer gesien hoe mense wat vlug voor die weer, hul diere aan hul eie lot oorlaat. Honde word aan pale vasgemaak en in hokke gelos om te verdrink in vinnig-stygende vloedwater.

Al hoe meer gevalle kom voor waar mense, en party van hulle onstellend jonk, hul Barmhartige Samaritane aan die bas byt en spore maak met gesteelde geld en eiendom. Hoeveel keer het jy al iets oor die Internet gekoop, en dan daag dit net eenvoudig nie op nie…?
Ons vat maklik iemand anders se geld, maar die teenprestasie val net so vinnig in die lang gras langs die pad.

Jy sien gereeld iewers iemand wat ‘n ou mens beroof het van spaargeld, of iemand in ‘n privaattransaksie verneuk het.
Gewapende rowe is besig om ‘n leefwyse te word, en ons eens magtige fiskus is oor die R800 biljoen armer na jare se roofregering. Ons skel en vloek mekaar se moere, en die eens eenvoudige konspe van konsiderasie vir ‘n ander is deesdae wetenskapsfiksie. Ons kleef aan drogreligieë, en ons geestelike herders word geweeg en te lig bevind. Niemand lees meer ‘n boek of ‘n koerant nie, ons hang met ons neuse in ‘n verdomde selfoon, en ons kan net nie ons pote van ander mense se goed afhou nie.
‘n Paar dae gelede moes ek besigheid by ‘n apteek gaan doen, en met die terugry moet ek om die sirkel by die treinbrug ry.

Daar staan ‘n vent doodrustig in die middel van die sirkel en urineer, ten aanskou van die hele wêreld. Wetstoepassing ignoreer hom soos ‘n stopstraat, en teen die tyd wat ek ‘n verdomde kamera oopgekry het, het hy op die vlug geslaan.
Skelparade oor. Het Dundee common geraak, of is ons nog steeds so cool soos Denis Beckett eendag oor ons geskryf het? Dankie tog dat daar nog mense is wat hulle vingers stomp werk om klas na Dundee te bring.

Hou die volgende Talana Live dop. Daar gaan ‘n punt in hierdie dorp se bestaan kom waar sy geskiedenis die enigste faktor is wat brood op jou tafel gaan sit. Dink daaraan as jy weer ‘n band aan die brand steek, of jou werk loop staak.

Related Articles

 
Back to top button