BlogsDie WoestynrotOpinion

Dis alles Jan se skuld, en die volk kyk rugby…

Dit is ‘n nuwe week, met nuwe dinge, en die Maltrein na Ramutopia rol onverpoosd voort na die afgrond wat huiwer. Die drywer is egter op ‘n plak, en enige rasionele spooraanduiding het in die mis van die gronddebat verdwyn. Verskeie politieke blaaskake (wat ‘n heerlike woord) het Afriforum se Ernst Roets bitterlik verkwalik oor …

Dit is ‘n nuwe week, met nuwe dinge, en die Maltrein na Ramutopia rol onverpoosd voort na die afgrond wat huiwer.
Die drywer is egter op ‘n plak, en enige rasionele spooraanduiding het in die mis van die gronddebat verdwyn. Verskeie politieke blaaskake (wat ‘n heerlike woord) het Afriforum se Ernst Roets bitterlik verkwalik oor die manier waarop hy parlementslede aangespreek het in sy voorlegging oor grond.

Dit laat mens wonder oor die beledigings en blatante haatspraak wat hulle in sy rigting geslinger het, en bring maar net weereens die punt na vore dat intelligensie en rasionele debat dit self afwesig vind in die politieke harlaboerla van vandag. Opgetekende feite word “gedekoloniseer,” en wetenskap word van voor af geformuleer.
Die wiel moet herontdek word, Aristoteles moet ‘n inheemse naam kry, en e is nie meer gelyk aan mc² nie.
Jan van Riebeeck het in 1980 met die SAS Isandlwana in Kaapstad aangekom, en het die kontinent daarvandaan annekseer, apartheid met hom saamgebring (Theopilus Shepstone is besig om hom dood te lag daar waar hy nou is) en ‘n moerse lot Afrikaners hier aan wal laat gaan. Hulle het al die geboue, huise, Mercedes Benze en Landrovers wat hulle hier gekry het, afgevat, en het die Khoisan en die Khoikoen, wat Dasseneiland toe getrek het, se woordeboeke gesteel.

Die HereXVII, wat ons hiernatoe laat trek het, het my op my Nkandla selfoon gebel, en gesê ons mag nie verby die wilde-amandelheining pondok opslaan nie. My trek het nog nie hier aangekom nie, want die vier-by-vier ossewa vat nogal lank van Boerassic Park af om hier te kom.

Daai twee Kaaskoppe wat die wa dryf, kan nie ‘n blerrie GPS lees nie, en ek moes al vier keer my posduif terugstuur om padaanduiding te gaan doen. Blerrie stewpits. Innie meantime moet ek in my Gypsy grashuis bly, en by Tafelberg gaan wille hoender vang om Nandos te maak.

Daar is darem die weeklikse rugby game tussen die Nongqawuse Wanderers en die Nkandla Goat Herds. Ek is nie so seker of hulle hierdie week ‘n ref gaan hê nie, want nadat hulle vir Piet Retief gevra het om die vorige game te ref, het hy nooit weer terug gekom nie. Herrie die strandloper het blykbaar gesê hy sal ref, maar die ou het laasweek saam met Krotoa gaan bungy jump, en sy is sedertdien nie meer was nie. Daar is nou sprake dat Ernst Roets, van Kafriforum, ‘n fliek oor haar gaan maak.
Hy sal dalk net eers moet wag dat Charles Somerset sy kamera uit Westminster saambring, want die Nkandla selfone wat hier plaaslik vervaardig word, se kameras is almal uitgehaal. Die burgemeester van Kaapstad, Gweezy Mantashe, sê hy het ‘n steenkoolmyn onder die Theewaterskloofsam ontdek.

Hy staan nou en pikslaan daar in die Overberg, want Sebastiaan Obama en sy ander sendelinge het vergeet on die bulldozers saam te bring toe hulle New York toe was. Die tyd is min, en die vis byt. Red nou ‘n volk….

Related Articles

 
Back to top button