BlogsDie WoestynrotOpinion

‘Dis leeuwêreld daarbuite, en die skerpioene is uit….’

Halfpad in die vloedwaters in, steek die skerpioen toe wel die padda

Die Swartmaandag-demonstrasie is nou iets van die verlede, en die lyne in die sand getrek.
Die gepeupel doen hulle videos, en die manne belowe mekaar. Sosiale media prut soos ‘n chilli-pot, en die brandsel spoel af en toe oor die kante.
My pa het altyd gesê hierdie land is leeuwêreld. Man moet kyk waar jy trap, en jy moet weet wat jy doen. Baie van ons mense word, op ‘n daaglikse basis byna, in lokvalle betrap of verras, en veral ouer mense.
Hoekom is dit so…? Die felle aanslag teen ons landbouers laat my so dink aan die skerpioen wat die padda gevra het vir ‘n geleentheid oor die rivier. Die padda het geweier, want hy het geweet die skerpioen gaan hom ‘n dodelike steek toedien met sy angel. Die skerpioen het egter belowe dat hy dit nie sal doen nie, en die padda stem in om hom te help.
Halfpad in die vloedwaters in, steek die skerpioen toe wel die padda. Hy draai om, en met sy laaste asem vra hy hoekom hy dit gedoen het, want hulle altwee sal nou vrek. “Ek weet,” sê die skerpioen. “Ek kan dit ongelukkig nie verhelp nie, dis my aard.”
Dis my aard. Een van ons nie ANC-presidentskandidate, Cyril Ramaphosa, is so ‘n skerpioen. In een van sy eerste, geradbraakte Afrikaanse toesprake ooit, het hy sterk witvoetjie gesoek by die boere, en vroeër hierdie jaar het die prentjie bietjie verander, toe hy met sy angel gereed op die grondhervormingswaentjie gespring het.
Hy het ook per geleentheid verwys na die blankes in die land as krewe wat stadig doodkook in ‘n pot warm water, maar hulle weet dit nie……”dis in my aard….??”
Hoekom doen hy dit? Want hy weet dalk dat Miesies Slaan-my-nie-zuma hom ‘n punt gaan wys. Daar moet nou eers weer geradikaliseer word, sodat die stembeeste weer mooi goeters kan dink oor jou, en wie weet, dalk nog vir jou stem ook…! Daar is baie skerpioene daarbuite. Gaan kyk tog of jou sekuriteit na wense is, en pasop wie jy sommer goedsmoeds op jou eiendom toelaat. Het jy ‘n skriftelike rekord van wie almal op jou grond bly, en wat hulle take is…?
‘n Man behoort ten minste drie lae sekuriteit om sy plek te hê, wat deur goedgeplaaste ligte aangevul word. Ons het al baie gekorswel daaroor.
Maak julle plekke veilig, manne. En kyk uit vir skerpioene wat in die nag loop.
Daar is ‘n gerug wat die rondte doen dat een of ander “honneribel membah” in Pietermaritzburg ‘n marathon gereël het op die pad na die Bloedriviermonument toe. Dit sal plaasvind op – ja jy het reg geraai – 16 Desember, en word gehou ter ere van struggle-veteraan, Dorothy Nyembe.
As dit darem nie nou moedswillig moeilikheid soek is nie, weet ek nie so mooi nie. Hou hierdie spasie dop.
My gedagtes gaan terug na die ou dae in SWA, op die plase in die noorde, toe boere met radios en skietgoed in hulle bakkies rondgery het. Vandag het ons darem selfone, maar die wapens bly nog grootliks in die kluis lê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button