LettersOpinion

Letter to editor: Sy trek lank aan die sigaret asof haar lewe daarvan afhang

Die kleintjie op haar skoot is seker dronk in sy\haar kop van die rook. Die beste wat ons destydse Minister van Gesondheid, Dr. Dlamini-Zuma, gedoen het was om openbare gerook stop te sit.

Mevrou – Dit gaan my verstand te bowe dat ‘n moeder met ‘n kind op haar skoot in hul motorkar rookwolke in die lug in blaas soos sy rook.

Sy trek lank aan die sigaret asof haar lewe daarvan afhang. Die kleintjie op haar skoot is seker dronk in sy\haar kop van die rook. Die beste wat ons destydse Minister van Gesondheid, Dr. Dlamini-Zuma, gedoen het was om openbare gerook stop te sit.

Dit is immers rook wat vir talle rookverwante siektes en kankers verandwoordelik is!

Ek voel jammer vir die kind in die rookgevulde motorkar. Weereens word die feit dat jy nie in openbare plekke mag rook nie, eenvoudig geïgnoreer. Jou kind sal nes jy, eendag heel moontlik rook en verslaaf raak aan allerlei gewoontevormende middels. As jy rook, is jy ook vatbaar vir enige ander dwelms soos in verlede week se koerant so deeglik uiteengesit is. Jy as moeder of vader is immers jou kind se rolmodel.

Hy/sy sal ook rookverwante siektes of emfiseem opdoen deur jou tweedehandse rook.

Ek doen ‘n beroep op mense wat rook om asseblief nie-rokers in ag te neem deur nie in hul teenwoordigheid te rook nie.

Dit is met ‘n gevoel van hartseer toe ek sien dat die paartjie ‘n paar oomblikke later wegry (hul nommerplaat is Durban).

En die kind word nou skielik sorgvuldig in ‘n stoeltjie op die agterste sitplek vasgemaak. Gelukkig met ‘n bottel melk.Wat help dit om jou kind andersins goed te versorg terwyl jy hom/haar blootstel aan gif in die lug?

Word tog wakker, moedertjie, jy kan jou kind se lewe ten slegste beïnvloed. Gun jou kind vars lug, ‘n lewe waarin hy/sy kan sing, lag en dans sonder die dampe van mamma se tweedehandse rook.

Gaaitzi Goobi

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button