BlogsDie WoestynrotOpinion

“Server is down”, die Landrover start nie, die majoor gooi sy sleutels weg

Ons het destyds in Windhoek ook 'n legende gehad

Die definisie van frustrasie in Dundee? As jy in die oggende by jou skootrekenaar kom en die Internet is weer af. “DNS server not available…”
Dis mos daai kom staanslag wat jy Telkom se moer vloek – weer – oor hulle dit net nie langer as ‘n maand kan regkry nie, en dan, onvermydelik, laat dit my weer aan Landrovers dink. Veral een Landrover, so ‘n poeierbloue.
Eintlik ‘n hele paar, veral so ‘n donkergroen halftongharrie wat ‘n bepaalde stafsersant in Windhoek destyds gery het. Daardie verdomde ding was ‘n legende. Ek het so ‘n jaar of vier gelede ‘n jong majoor en sy AO(1) gaan ondervra na ‘n militĂªre geskiedenis-konferensie op ‘n lodge hier buite Dundee waar een van hulle geskiedenisgoeroe’s slagveldontledings met peletonleiers gedoen het.
Ek het hom so staan en kyk hoe hulle sukkel om daardie vaalbruin Landrover op die parkeerterrein aan die gang te kry, en toe heel onskuldig gevra of die Army nog nie van Toyotas gehoor het nie. Die majoor se een oog het so begin spring, en toe weet ek. Hier is nog ‘n legende.
Ons het destyds in Windhoek ook ‘n legende gehad. Wit polieslandrover wat die manier gehad het om uit gear uit te loop donner wanneer dit die minste nodig was. Soos byvoorbeeld as jy moer haastig was. Om een of ander rede. Mos.
Ek kan daai poeierblou 110 Defenderkoei onthou. In Swakop. Nou, daai Landrover het ‘n bose gees in hom gehad, daarvan was ek seker. Dieselheks wat eers nie wou afskakel nie, en toe later somaar vanself wou aansit. Ek sweer. Jy staan daai ding en kyk en wonder hoe kan jy hom aan die brand steek, en dan skielik begin sy aansitter te draai. Vanself. Die eerste keer was dit nie ‘n grap nie.
Ons het later gehoor dit was een of ander geroeste relay issue wat dit veroorsaak het, maar ek wonder maar nogsteeds.
Ek het een mĂ´re die ding probeer aansit, want daar was iets wat my pa met hom moes doen, en hy het van ‘n warmgeloopte enjin gehou.
Daai ding het begin roggel soos ‘n ouman wat Gauloises rook, en toe hoor ek ‘n moerse klapgeluid van onder. Voor iewers. Ek dag by myself, ag tog, net nie weer ‘n halfshaft wat homself loop afpluk het nie. Ek sit die ding in neutraal, trek die handbriek op, en klim uit. Toe ek voor by die Landrover buk, om onder in te kyk, hoor ek iets soos ‘n gromgeluid, en daai Landie spring in gear, en beur skielik vorentoe.
Ek gee net betyds pad, en die ding vrek toe.
As ek nie van beter geweet het nie, kon ek sweer die ding wou my doodmaak hier.
Toe ek die keer onder hom inkyk, was al die halfshafts nog aan. Ek klim weer in, draai die sleutel, en toe start sy sonder ‘n pyn. Die enjin spin soos ‘n kleinkatjie wat dik aan die bietjie gevreet is. Om een of ander rede loop staan my Internet net daar, soos my clutch beginne gly, en ek vloek verskriklik lelik. Ek gooi daai deur toe, en loop grimmig huis toe. Net so werk Dundee se Internet ook. Nes jy dink alles is verlore, dan gaan daai rooi liggie oor na groen. Ons ry nie Landrovers nie. Mos.

Related Articles

Back to top button